Na al die jare . . . ?
Tesame het ek en jy rond gedwaal, niemand kon jou by my kom wegvat, aan jou was ek gebind tot einde kom waar ons uiteindelik rus sou kon vind. Eers was jy daar en het ons baljaar, skielik was die lewe leeg en alleen, soveel so dat selfs die wind wat huil en ruk en […]
In Eenvoud Sê Ek Alles
In Eenvoud Sê Ek Alles Ek skryf nie in duister orakeltaal of truuks vir slim effekte nie— In eenvoud sê ek alles dat ‘n ieder en elk dit kan verstaan— My hartstaal duld nie ontwykende omweë en afdraaipaadjies nie en jy vind my liefde ook nie versteek en omhul in digte misbanke nie maar in […]
Kom Skugter Briesie
Kom Skugter Briesie Dit raak aand en die dag buig uit die gordyn gaan netnou finaal sak oor verskeie tablo’s wat vandag afgespeel het al die goed en kwaad in helder sonlig— Die nag trek sy donker sluier in magtelose skaamte oor al die gebrek, ellende en wreedheid wat gedurende die sonskyndag afgespeel het en […]
Gister se kleure
Gister is die kleur van ’n ou foto. Die eerste teken van jou liefde is wit wolke aan die begin van lente. My liefde vir jou is ’n dieprooi roos. My geskenke en blomme aan jou is ’n pouveer se reënboog. Ons eerste soen is helder sonlig. Ontrouheid is die kleur van roet op glas. […]
Ek kyk, ek sien, ek weet
Ek kyk – Deur newels van tyd. Deur mis wat draai. Deur blare se waai. Deur kierings wat braai. En ek sien – Hoe die wiel draai. Hoe dejavu sweef. Hoe elke hond ‘n dag kry. Hoe tyd leer. En ek weet – Vrede het ‘n prys. Elke huis het sy kruis en opstaan as […]
Buite die skaapkraal
Effe vreemd is wel uniek en ‘n varser raar met onkonvensionele as. Sieninge en menings is vaal as dit slegs om normale draal en pre-tot post gehoor word vanuit ‘n skapekoor. Keuse en wil dans wyd van grys, as ek my eie passies wil wys en ander slegs uit oordeel kan vinger wys. Uniek is […]
~ ‘n Koninklike lamp ~
maak my ‘n lewende fakkel draai my toe in linne en vlam my lyf tot offer laat my lig versprei verby jou donker laat my wit jou vlek, laat my vlees verteer tot meer as ek en as branders in die nadraai van my lig duister dinge fluister feite van my naam, my herkoms en […]
~ Daardie nag (2) ~
goue paljas newel weer my sinne en ek dink wat nou, hoe nou gemaak om ‘n nag uit my hart te wis, want nouse nagte is dit altyd dag oral om my, dag hele dag en nagtyd dag maar hier binne, hier diep binne my bly dit nag, ‘n eindelose nag en al wat ek […]
Die Droomvanger
Die byna-vergete-skadusiel sluip in die aand deur die stad se strate. Hy beweeg tussen die flikkerende geel ligte wat in die strate brand om hom weg te hou. Hy talm in die donker ranke van middernag, in die kraak van vloerplanke en dakke wat afkoel ná ’n dag in die brandende son. Hy fluister in […]
~ Nirvana ~
Gedagtes lê soos ‘n oopgeslane boek in hierdie nirvana waar ek kwingkwang soek na jou silhoeët, na die wit van jou kneukels wat afwys teen die maan. Die lelies in my lyf ontplof en nag word ‘n kleurespel van sterrereën toe ek jou effe verskuil teen ‘n Kaapse geelhout sien leun. Miskien moes ek jou […]