Die son sak in Brackenfell
waar eens die velde vol groen varings was oor die oneindige heuwels en vlak slinger Keurboomstraat nou teen stilstaan pas om huise van steen waar die son oor sak en die hemel kleur tot blou saffiere ieder boom se kroon word ‘n groen smarag pienk rose pienk tot in die laatste ure vuur, vlam en […]
Jou Foto-album
Hoe mooi was jy, toe jy jonk was, Ma so ongelooflik mooi jou wange was so rosig jou lippe, liggies rooi. Jou hare was gelok, Mamma oor jou skouers en jou rug op die foto (toe jy 14 was) dit was baie jare terug. Jou glimlag was so soet, Mamma voor jul huis hier in […]
Misverstaan
Iewers het jou glimlag geleer om te jok Iewers het jou oe té vroeg begin sien Totsiens ‘jy ken my nie’ Ek wil nie ‘oky’ Jou hart is ook maar net ‘n hart al het hy mure wat hom vas pak in ‘n leeftyd sé ‘hoekom’ en ‘wat as’ Jy is nie gebreek nie… net […]
Al is jy half
Die aarde het net een maan, maar hys só trots op haar Dat hy die wêreld plek plek stilmaak Sodat almal haar skoonheid kan sien Ek hoop jy verstaan Dat jy, ne die maan, my trots is- al is jy half
Die asem van my stem
Waar die horison verstikkend, gemarteld kreet met die rooi van engels; my hoor wil strem breek baldadig ‘n kwashaal van die goudgeelson deur; en vertoon in die kern van my irisse ‘n volmaakte sewe-kleurboog Deur skaapdorings sal ek stap deur berg en dal tot daar waar son gaan rus en maanligstrale val in my taal […]
Witboek [Verborge]
Werwelstorm op die uitgestrekte horison het gewaai en verwoesting gebring Die gange van verlange is gelaat in pyn stof dampe gelaat – vernietigde tuin Sê vir my – dat ek altyd in jou gedagte sal bly al gaan dit soms swaar, niks kan dit verander oral waar ek gaan sien ek jou spook – jou […]
Ek het julle nooit verlaat nie
EK HET JUL NOOIT VERLAAT NIE In my wilde lewe en drome het ek geleef Deur glas vensters gekyk en die sonstrale beny Alleenheid, gebrokenheid, verlore gelaat Die nag se koue donker het my kom haal… EK HET JUL NOOIT VERLAAT NIE Julle het afstand behou! Vele kere was geroep maar nooit was my noodkreed […]
Kronkelberg se hande
Male sonder tal, onthou ek jou en voel die are, soos Kronkelberg wat jou hande selfs sterker laat lyk – hoe hulle kon vasvat en raak-raak óók sag die verslaenheid agter die tralies in my oë met jou vingerpunte raak; waarheen het jy, ná die kluite soos hael op die bêreboks geval het, ver van […]
Ingebrande rappel
Sou ek maar kon om teen my pyn en seer my dieplê-verlang na jou te ban teruggrypende smagting na jou te ostraseer maar met my skommel en gewan bly steeds net jou skewe laggie in my pan
Ek hoor deur jou…
Ek hoor met joo siel die loerie-geroep in ‘n boom agter jou perske wat bot sien die son se skaduspel op jou stoep tydelik nou agter grendel en slot Ag ek heimwee in verlang saam met jou na jou bliksembos wat oranje brand na spinnerak bedou wat gras versnaar ongebonde jeug vir oudag’s onthou En […]