WEER GAAN RY VANDAG
Ek het weer gaan ry vandag tot by die dam waar die oggendmis sy wit mis deksel op die plaasdam se pot geseël het Ek het weer gaan ry en gaan kyk waar laasweek se kapok in die skadu van die kranse berggras kweek Ek het weer gaan ry vandag en gestop by die seeskulp […]
Boemerangsiklus
Boemerangsiklus Trane van hartseer en verlange en trane van groot vreugde balanseer op ‘n mespunt om in krisistye, die ewewig versteur, af te stort want wat die hart van vol is loop die mond en ook die oë van oor en bring ‘n drukpot gemoedsverligting— Die emosies groei soos dreigende onweerswolke tot by versadiging om […]
DIE VADERHART VAN GOD
God praat gereeld met Abraham; hulle is soos beste vriende . Abraham glo Hom wanneer Hy sy planne vir die toekoms aan hom bekend maak . God het ook sy naam verander van Abram na Abraham wat beteken dat hy ‘n pa van baie nasies sal wees en dat sy kinders baie kinders sal hê. […]
Vrugtelose vlug
.Die brander het so stil soos ys gaan staan stil-stil vind ek weer my weg deur die klotsende water berg Waar die bosse blougange maak die koue en die wind stil raak vlug die donker uit die nag waar dit vir die son se goue vlug wag Maak realisme dat dit strak soos ‘n prent […]
POPPE VIR ‘N SPEL
Gly ‘n onbekende hand deur die fyn touspirale van ‘n mens marionet flikker ‘n nuwe hoop vlammetjie in die nag se chaos in iemand se gemoed weer op Hoe onvoorspelbaar is die dramaturg wat sorg vir nog ‘n poppespel glad en kunstig onder ligte van kritiek In die donker eensaamheid verstrengel toue en nuwes word […]
Daar is NIE geld NIE!
Daar is NIE geld NIE! Ek hou nie daarvan om dorp toe te gaan nie! Ek gaan net dorp toe in selfverdediging. Maar so tref dit my nou op hierdie sonnige, herfmiddag dat ek vir Dierbaarste ‘n dit en ‘n dat en dan nog sommer iets vir die wis en die onwis moet gaan koop. […]
Sus My, Wieg My
Sus My, Wieg My Kom, aandwindjie, kom streel jou koelte oor my lyf en sing vir my ‘n kleintydse lullaby Sus my, wieg my tot sluimer en rus om net te vergeet van ‘n vervalle en gevalle wêreld— Sus my o briesie, wieg my saggies in jou arms sefier, tula, tula, lullaby my tot in […]
MAMMA DONKIE SE VERHAAL
Volg Num 22 Die Klein donkie kom met spoed aangehardloop toe hy sy mamma sien. “Haai mamma! Waar was mamma die heeltyd gewees?” , skreeu hy al van vêraf. “Sjoe! maar ek is bly om mamma weer te sien, want ek het my dood verlang! Vertel tog wat alles gebeur het”. Hy vergeet skoon om […]
Die stilte verslind
Herfs ‘n stil belofte van winter kyk ek na hierdie skoon wit stuk papier en ek wens ek het insig gehad om my daarmee te versoen Dit is die stil die stilte wat daar vӗr in die lug hang wat my gedagtes vas vang In die ongehoorde stomheid skyn die son lou in die lug […]
Die Klooster
Die lang stoep se marmersuilegang loop uit op die binnehof se trosse-nes en kwelende vinkgesang, waar, by die engele-spuitfontein rooi Poinsettias baldadig vlam, en die Janblompaddas se reënroep, in die mos aanklam. Hier in die mis-ingewerkte leem en direk na die oggendgebed, kom Pater dag na dag rondvroetel om sy elke beminde kruid (van Pimpernel […]