Binne ons self …
iewers in die wêreld is daar ‘n land van rus ‘n land van vrede en liefde, een vol lewenslus waar bome ritsel as die wind sy takke streel waar blomme oopgaan voor die son se geel wie weet waar daardie land is die plek van sielevrede en rus wie weet waar die soektog moet begin […]
Die Droomboom
Ek plant vir jou ‘n wildevyeboom met digte blare en soet-soet vrug. Gee dit sorgvuldig water en beskerm dit teen weer en wind. Eendag kom jy miskien weer hier verby dan sal ons in die skaduwee sit en droom. … Soos gister … © Zymrly 5 Aug 2015
Prinses van Gif
Deur die newels van die pyn wat dieper lê as vlak venyn tower jy die beeld op van omgee en deernis wat in die donker in vodde verklee. Dan drup die gif groen uit jou slagtande en mond en jy besoedel die oggendstond met hoonlag en vingerwysing na die mag wat uit jou sif – […]
Kom Staan By My
Kom Staan By My Vonkel in jou oë, warm oë brand in myne Neem my hand en trek my teen jou aan Sweet slaan my uit, lippe sensueel gesluit Ek soen hom want ek kan dit nie weerstaan Kom staan by my en laat jou arms gly om my lyf mmmm….. Hou my vas en […]
Kom Noordewind en Oostewind
Kom Noordweste en Oostewind Dis reeds laataand en die troostelose wind waai nog steeds rondomtalie om en om die huis— Dit suis deur die bome en O, ek gooi sommer hierdie hartkamers van my wawyd oop en nooi kom waai maar deur en neem jul beurt o noordwes reënwind en droë oostewind— Kom was die […]
Die avontuur van liefde
‘n Oomblik van goud waar die golwe tyd wegspoel ‘n glans sprei oor onbereikte drome Waar skulpe soos weeskinders so verwese lӗ trane van goue paadjies oor die strand kleur Skyn die son oor die see soos ‘n stuk glas hou jy binne jou hand korrels van sand
Sluipende vrese
Grypende, klouende, wriemelende kloue, gryp my hart kloppende warm, al pompende rooiwarm bloed van lewe, gevul met vrees en klemmende kloue, klein soos ‘n mier voel ek nou, met satan sluipende om my heen, die vrees so groots, skrikwekkend, ons mens bly maar so swak. 16/09/1977 © C. du Plessis uit – Die Poort is […]
Umakoti se Huweliksnag
Vleeslose voorvaders lag tandeloos vanagter die pendoringkraal, oor die weglêhorings van die Nguni wat vannag Umyeni’s* lobola betaal. Hits, deur die vliese van ‘n yldunmaan, (oor die blinkboudvel van sy Umakoti* se borsgeswel), die tamboer die feesgangers tot uitbundige vreugde aan. En om en om die hoogvonkvure, stoftrap ritueel-ritmies-in-pas, kaalswetend die makoppa-lywe tot die groot […]
Daar waar . . .
Daar waar ek moedeloos dwaal is eensaamheid besonder bitter wyl ‘n woede stadig aansmeul in die soektog na vrede se deur. Daar waar siele in vrees dwaal reik my siel uit na vertroosting, vir verlossing van die ewige pyn tot oggend op die horison groet. Daar waar drome werklikheid is lei jou mag en krag […]