Haar Spore Verlore
Haar spore verlore tussen duisende sand
Hy Wag Dan al So Lank
Hy Wag Dan al So Lank Het jy geweet Hy wag dan al so lank Vir jou om jou hand uit te steek Hy het gekom Uit die hemel na aarde Gee jou deel in sy heiligdom Verlang jou hart na rus en vrede Hy wag dan al so lank Om dit vir jou te […]
Onthou Jy Nog My Lief
Onthou Jy Nog My Lief Onthou jy nog my lief, Die aand, ons stappie in die park Die silwer maan het deur die blare vir ons geloer Jy het my hand styf in joune gehou Skaterlag, huppelend paadjies af By die gansdam spieëlglad en blink Het die maanlig weer die water gesoen In betowering het […]
n Nuwe Dag
ʼn Nuwe dag Ek kyk omhoog na die hemelruim Voëltjies sing hul môre-refrein Pêrels dou en vonkelprag Bewus van die skoonheid Sindelik gewas My hart sing Suiwer en sag Soos die voëltjies, hul môre-refrein So dankbaar vir ʼn splinternuwe dag skilderagtig neergelê, bedek met pêrels dou en vonkel prag. In betowering gelaat Spog jy aarde, […]
By gebrek aan water
O, Here, stuur vir ons die reën ons aarde, sy is droog sy ly gebrek aan water haar fontein is bar van oog haar rivier, die wil nie vloei nie haar dam loop haas al leeg haar vlei het skaars ‘n druppel oor hoe sal ‘n boklam dan tog teug * die Karoo het darem […]
Lotusressort
Lotusressort (Heilige blom van die Boeddhiste, en in Griekse legendes ‘n blom wat vergeetagtigheid en dromerigheid veroorsaak) Angsbewus, geen sielerus, elke sonskyndag net ‘n skyn van onbekommerde samesyn— Ag, om maar te kan droom in die loom van die lotus se rus— Elk versluierde mantelnag ‘n skynrus en misdaadklag en sonskyn ‘n blink veneer waaronder misdaad floreer— […]
In die lied van sy Trompie
Ma-goed verlate, eet hy uit vullisdromme, slaap hy in asgate en ken hy geen somme of geskiedenis of wetenskap, maar krap hy in stormwaterpype op soek na ‘n stompie om te rook wanneer tandelose ou Tattas in die nag se vriespunt-uur hul konkas rooiwarm stook. Dan, vertel die lied van sy trompie, van die voetpad […]
My Tydperk is Picasso . . . . .
My tydperk is Picasso – die fjord het saffier gevries. Hier, waar ek smag na my Suiderson, (soos ñ pasgebore kalf na sy Ma se bies), word die tinwolk ñ duif se vergeefse wegfladder met geknipte vlerk; die sneeutrosse ‘n somerrypdruif aan die druilerige takke van ñ naakblou Berk. En in die Rendier se sambrelekroon fantaseer donsiggeel my […]
Bly soet
Jy gee my ‘n rede rede te glo al is dit net op ‘n reukspoor ‘n stukkie van jou vir nou Vonkel konkel toor jy die bitter aalwynblom tot ‘n ranonkelrooi ballon en strooi vol soet geluk oor hom Soet en salig soos sekelmaan sal ek met soete drome aan die slaap raak
Met Jou In My Hart…
Ek het vanoggend wakker geword, met jou in my hart, die beste gevoel ooit, net jou hand in myne gekort. Ek wil jy moet weet, dat jy heeldag daarin bly, ek kan dit voel, voel hoe jy ook heeldag in my gedagtes rondry. So laat ek vanaand in jou hart wees, wanneer jy jou oë […]