Pa, soms onthou ek nog . . .
As die noordweswind so winterkoud waai dan sien ek weer hoe sit jy by die kers met die groot boek, wat rustig op jou skoot lê en hoor ek weer jou stem se klank in vers. Pa, soms sien ek daardie ruiter met die afkop op sy skimmelperd so reguit uit die hel en vlug […]
My drie wense
lank gelede toe ek ‘n lampie optel het ek in gedagte begin vryf my hand maak sirkels terwyl ek drie wense hoog in die lug skryf nommer een was eenvoudig, mooi en sag ek wens dat jý -net vir my- jou lag sal lag nommer twee was baie diep ek kon dit nie keer maar […]
NAWEEK 2: ‘n Altaar groter as die kerk
Twee kinders speel in die duitse kleindorpie se enigste straatjie, op en af, heen en weer. Hulle stap aan ‘n gestapelde klipmuur verby, van die soort wat gebou is voordat daar draadheinings was. Daar sien hulle hoe allerhand plante daaruit groei, kruie wat sterk ruik, bossietjies met bessies, verskillende veldblomme en, siedaar! – ‘n rosie […]
Oorwinningsgloed
soos ongesuurde brode het die oudag in jou oë gebreek terwyl jou mond sag oor die wonder van Pasga spreek – dan het die oewers van jou Eufraat wreed in twee geskeur tot waar die souttraan oor jou wange, die dors moes voed laat die bitter beker eens verbygaan; vergeef dan tog hierdie wanhoopstraan, en […]
Steenkooltrein (oktaaf)
Die Ou Steenkooltrein Ek onthou die amegtige asmatiese steenkooltrein op ysterspore se klikkeklak klikkeklak wielrefrein en die lokomotief wat tjoek tjoek die stasieterrein nader en met luide trompetter en ouwêreldse grasie inry— Dan word sissende eers stoom afgeblaas in ‘n walmsprei soos ‘n duisend seroete se rookwolke dan galmskrei die wegtrek sirenegefluit stiptelik op tyd […]
‘n Gevriesde traan
in die trietsigheid van hierdie wintersdag gluur die wolke grou verby die gebleikte son, verander die asem van ‘n ysige wind die biesiepol tot gestorwe saffraan en treur die dam – ‘n gevriesde traan © Anzé Bezuidenhout
Wat word van Afrikaans
Verskuild rus jy in Sarie Marais wat ver is en jodel as jy die wandelpad stap wanneer jy moeg word vir die stad Soms toer jy na die ou Kalahari op die rug van ‘n blink vosperd as jou woorde Suikerbos-soet stroop Die koffie in die kan wag op ou Jan as Pierrewiet sy deuntjie […]
Kolmanskop
In die suide van die Namib waar die son steeds bloedig skyn net ‘n entjie oos van Lud’ritz in die heet van ‘n woestyn pryk vandag net die murasies (uit tye baie lank gelee’) van eens swierig herehuise aan sand en duine oorgegee. Sonder slot en sonder grendel staan geboue leeg en kaal soms dans […]
Die alfabet is kleurloos
Bepaal velkleur jou taal of hoe jy in Afrikaans spel, en kies dit die woorde se letters wat haat of liefde uitdruk? Jou moedertaal is dit wat jy koester. Die taal waarin jou moeder jou roep en aan die slaap sing of sus wat jou laat voel jy behoort waar jy is. Die alfabet is […]