Ontsag of Bang
Ontsag of Bang Ek is nie noodwendig so bang vir gewone alledaagshede nie, maar het ‘n groot ontsag vir die natuurkragte— Ek het groot ontsag vir die donderweer en blitse en trek my gordyne dig toe vir die weerligstrale want Totius se dogtertjie is dood voor haar kamervenster gekry deur weerlig getref. Ek vrees die […]
stille gesprek, heilige gesprek
stille gesprek, heilige gesprek onder die skadu, teen die grofkant van een boom wat skadu gee, teen die brand, in elke straal, van die son se wraak… langs die sag in die weerkaats van die meer oor water se glans… daar wil ek wees, agter die krom van jou rug, teen die sterk van my […]
vrede
vrede as lig die nuwe dag, oor horison eggo, uitreik tot volheid en die nag verdwyn… loop jou gedagtes in vrede, verder as die nou, loer skemer dreigend soos moed jou ontbreek en nog een dag, val… wonder jy oor môre, en blydskap se ontvou, oor aanbidding in velde binne die natuur se mooi, asof […]
Dan mis ek jou weer..
Mis jou in die oggend wanneer die son se eerste straal vir my ‘n knik-oog gee, en dan wonder waar is jy heen sonder om ‘n traan van my wang af te vee. Ek weet wat gebeur het is buite ons beheer, want mens kies nie vir wie jy lief raak, en maak nie saak […]
VERLORE LIEFDE
n Liefde so teer, dat dit jou hart in n duisend stukke skeur. n Liefde so eg, dat jy lewenslank daarvoor sal veg. n Liefde van so lank gelee, wat jy nooit uit jou lewe kan vee. n Liefde so seer, waaroor jy daagliks treur. n Liefde so broos, dat niemand jou ooit kan troos. […]
transkaroo
jou naam bruis in die warm rooi bloed wat klop en klop soos die trein se wiele tik-tak tik-tak al nader na die kaap in my waansin en jou rare dwaasheid ontvang hierdie bloederige veer van ‘n wit duif wat gesneuwel het … voor jou skoonheid
HIPPIE LIEDJIE
Die lewe is ‘n hippie liedjie, dit is vol blomme geverf op knop karretjies, dis ‘n bont gedoente met toings en poncho’s. Dis woeste deurmekaar hare, wat orals krul soos hulle wil. Dit word ‘n seisoen liedjie, wat jou longe in suig voor jy die kniee voor liefde buig en met ‘n boks kitaar om […]
PAPPA IS HIER
Loop padlangs, al met die ry bome af. gooi jou oë se kyk met sagte deernis op, na die ente van die groot blaar here, wat trots regop staan. Dan kyk jy na my wandelstok, wat ek met ‘n vorentoe, adelike heen-en-weer, swaai, jou die kuns van wandel leer. Met skemer loop jy lig, met […]
EK WIL KOM KUIER
Mag ek vir jou kom kuier, want die engel voor die poort het my geweier?! Ek wou vir hom skree, “God het jou vir my gegee!” Maar sy ore was doof en sy oë was leeg. Ek wil vir jou kom kuier! God het jou vir my gegee en toe sommer net gevat. Nou staan […]
ALTYD EK EN JY (NO2)
Daar onder by die Wilgerboom, by die blouste blou waterstroom, het ek jou eendag lief gekry, ure later was dit verby. Sonder jou liefde wou ek nie voortgaan, en rede wou ek nie verstaan. Om alleen agter te bly, was geen opsie vir my. Die lewe was te veel sonder jou, die wete dat ek […]