Onbekende God
Pappa, as ek God nie ken nie bid ek dan by jóú voet; versug ek hiér, waar die straf ongespaar behoort te bly? (want) die blaaie wat Moeder stil hou en die moffies dood, sê vir j-o-u só. As ek nie verstaan nie hoe die Urim en Tumim beide ja én nee vir liefde en […]
Murmel woorde
Deur ‘n doringdraad kruip ‘n pers blom wat barslip hunker na tye wat was Ryp lӗ die vrug en aar oor die milde land hoe verstaan ‘n ou man die pyn wanneer lewe in sy kop verdwyn? Hoe gryp krom hande na voetspore wat doelloos in die wind lӗ? Die reӫngrou duiwe wat patrone flits […]
AANDAG ALLE INK LEDE – PRESTIGE GALA AAND
Hiermee wil die INK span u dan in kennis stel dat ons be-oog om ‘n Prestige gala-aand aan te bied, waar daar toekennings vir elke kategorie toegeken sal word, op 22 Oktober 2016 om 18:00 by die hAp huis, Malherbestr 115, Capitalpark. Pretoria. Dit sal ‘n formele funksie wees. Amptelike uitnodigings sal later uitgestuur word. […]
Kupido
Kupido Die snaar span styf om die boog; Met ‘n trilling skiet die pyltjie los – reguit en blitsig met die effek van ‘n weerligstraal. Die klein boogskutter glimlag en sit terug om te kyk hoe die gif versprei; Die simptome teen die tyd baie bekend. ‘n Versnelde hartklop, ‘n Hol kol op die maag, […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 9
Chantal sit haar benarde posisie lank en oordink en dan besluit sy om n verklaring af te lê. Sy moet Kas oortuig dat sy niks met die moord op Laurika te doen het nie en dat dit Stefan Botes is. Sy moet dan net deur die dag n week of wat verdwyn dat sy nie […]
Winterhitte
Hy weer die winterkoue uit ons handjies wat in syne saggies fyn inlas want hy’t ons lankal mos geleer dat in ons vóél die hitte van die lewe pas. So, hand-aan-hand, loop ons geselsend deur die snerpend’ kou’ oor witgerypte gras en Oupa praat die winter aan die brand met stories toe hy self ’n […]
Hart wat klop
Goudglim my liefde oor die see en ek weet die golwe is die rede vir geen omdraai meer Ek draai my rug ek draai my terug en ek loop uit die arms van die skimme Maak flentertjies van jou bymekaar in my kop en stap in die rigting van onthou ‘n brug tussen gister en […]
Oggendgedig (Marakele* ~ 10 Julie 2016)
Kom sit vir ‘n oomblik hier langs my dan kyk ons na die veld en gras wat groei tussen groen doringbome hul stamme nog in donker gekwas. Die skemer is aan die verby gaan dis die sterwensuur van die nag sy vaarwelsgeskenk, ‘n ontwaking ~ die geboorte van ‘n heel nuwe dag waarin wild’seringbome se […]
Bruid van die Onpeilbare Dieptes
Liesel loop uit die huis uit, haar dun truitjie styf teen haar getrek soos die wind dit probeer steel. Daar’s net een plek waarheen sy kan gaan om beter te voel: die see. Sy loop vinnig deur die stil skemer strate. Al haar bure is besig met aandete. Sy’s seker daarvan, want dis die tipe […]
Kringloop
Kringloop Die lewe is ‘n sirkel wat beweeg van punt tot punt, tot uitendelik weer by die punt waar alles begin het. My lewe was sorgloos Maar die sirkel het beweeg en ek het jou ontmoet, Jy wat my laat vergeet het van ‘n ander. Die sirkel het egter weer begin draai en ons soos […]