Rooivlam II
Met die eerste oog op doodslag Dit is vier uur op ‘n koue Sondag wintersoggend, vir een of ander rede kon Johan Van Schalkwyk nie weer aan die slaap raak nadat hy twaalf uur wakker geskrik het van ‘n nagmerrie nie, maar hy lê rustig in sy bed en staar na sy vrou, hy staar […]
Rooivlam I
Die eerste skoot “Word wakker, word nou wakker!” skree Angelique vir haar man toe sy sien daar kom ‘n vreemde man by haar kamer deur in terwyl sy en haar man slaap. “Word wakker, Johan, word nou wakker !” skree sy so effens harder toe die vreemde man al by die bed is, hy stap […]
Liefde met drukkies
Jy is my altyd-luister-oor jy gee my nuwe perspektief die lig in my lewe die sonskyn in my dag Jy is in my drome neem my gedagtes oor jy is die lyngrafiek wat deur my hart loop die eenheid wat saak maak Ons liefde is enkelvoudig saamgestel en kompleks jy is die geldige antwoord my […]
In die koesterkolle van die son
Van sandstorms waai oor die goue woestyn en die maan silwer strepe verf oor ‘n droomland Land waar die sonbesies lag warm son ons lywe koester ons spore in die sand – langs mekaar, – verby mekaar, – uitmekaar! Drome wat nie wyk, wat ons terugneem op ‘n pad wat was ‘n onuitwisbare pad! Band […]
Winterreënnag
winter by die deur swart reëndruppels orals donker nag breek my jy het my stukkend geskeur en wil net alles weg wens ©Roeline 6 Februarie 2017 14:05
. . . as jy kon sing
Jy – wat my liefhet – weet waar om die sterre te vind tussen rotse op die strand. Pasgebore geitjies en die kuiken van ‘n kolgans voel veilig in die palms van jou hande. As ek jou vra oor die voëls van die hemel en die aarde en die water – dan ken jy elkeen […]
RESENSIE: WELCOME TO NORWAY, die film
WELCOME TO NORWAY, die film Europa beleef ‘n immigrasiegolf, nee, ‘n branding soos nog nie vantevore nie. Nie net weens die Siriëkrise nie. Uit alle rigtings kom die mense in duisende hier aan. In Duitsland word skynbaar oor ‘n miljoen „onvrywillige immigrante” verwag – jemand het „per jaar” gesê. (Origens die VSA het ‘n boonste […]
Musikant
Groot swart lumen van jou pupil sluk my ritmies in op die maat van staccato Note lê kort asem versprei in die lyne van jou lyf My hand begelei die wysie in jou wese tot konvulsie simfonie bewend beëindig in siels harmonie Die liefde belei in mooiste klank se neurie
RESENSIE: Le Havre, die film
RESENSIE: Le Havre, die film ‘n Skeeps-vraghouer onderwegs na London word per abuis in ‘n Franse hawe afgelaai. Dit word na twee dae eers in die groot houerstapel ontdek omdat iemand ‘n kind hoor huil het. Dis naamlik vol swart mense uit Afrika wat onwettig in England hul geluk wou soek. As die slot stukkend […]
Die eggo van jou
Ek stuur vir jou ʼn goudgeel Wydoogblom uit die Cederberg die saffierblou lug iewers in die snikhete stilte die roep van die wind ek stuur vir jou die storie wat homself vertel teen die rooi krans gebergtes toe gekoevert die uitgestrekte dag wat op die oranje gloed van die aandlug wag dra my koevert met […]