Witrot
witrot in ‘n doolhof van vrees sal ek nooit kan ontsnap sal ek altyd witrot wees vasgevang in ‘n labirint kan ek my pad ooit weer vind ek skarrel om en om kan nie by die antwoord kom HOEKOM HOEKOM
Tyd gemeet teen ewigheid
een sekonde gemeet teen die tik van tyd een klik van die metronoom van ewigheid een enkele noot in jou lewens simfonie een korrel sand deur die uurglas se vloei dit was al… toe jy op die teerpad val het die seepbel van jou lag gebreek splinters in jou vasgesteek jy sal nooit weer jy […]
HOOR JY DIE STEM
Hoor jy die hartseerstem van n land Opgebou in nasietrots deur bloed en sweet Hoor jy die stem roep na vryheid Aansporend agter die sweepklap op die ossewa Hoor jy die stem van gelofte Gelofte aan n Almagtige God by Bloedrivier Hoor jy die rouklag in die stem Na n oorlog wat n verbrande land […]
SEMAFOORSINJALE-WAGTERS VAN VEILIGHEID-DIE EINDE VAN N ERA
Vir baie jare was semafoor sinjale die wagters van veiligheid op die spoorweë en is dit een aspek van trein bedryf wat n baie interessante geskiedenis het. Met die loop van die eerste treine is die eerste metode van treinbeheer handseine gewees. Die trein moes voor die wissels stop en moes die seinwagter die trein […]
OMSLAG FOTO van die INK gedenkbundel
Die bundel is na die drukkers en behoort binne 4 – 6 weke gedruk te wees. Sodra die bundels ontvang is sal dit onmiddelik uitgestuur word aan al die lede wat bestel het. Daar is net 10 ekstra bundels bestel so indien daar nog iemand is wat belangstel om een aan te skaf stuur asb […]
Maalkolk
donker gat van vrees oor dit wat is en mag wees die maalkolk wat meedoënloos draai die swart gat van vergetelheid wat jou insluk ek net kan kyk nie kan keer jy tol al verder weg van my deur donker dieptes ingesleur soos nog ‘n geboorte van ‘n ander jy leef jy in jou eie […]
Flenter-jy
stukkies van jou lê hier stukkies lê daar stukkies sinneloos gestrooi betekenis verlore stukkies jy nou breinbeseer stukkies jy fyn geskeur lê oral rond hoekom? hoe kom die stukkies weer bymekaar? Flenter stukkies tolbos in die wind weggewaai waar niemand jou kan vind
Bitter beker
Here my Here ek geknakte riet het al my kosbare skat aan die barre grond verpand die swart note gespeel ek het die woestyn se dros voel brand my dag was nag ek is uitgegiet op droë sand geknak geslyp verskeur beproef deur vuur verteer ek het mos al hier gestaan in die dal van […]
Ysterhout
deur die lewe se seer is die eie ek stuk vir stuk uit ysterhout gekap van niks tot iets nuttig en nuuts verby tydelikheid se verganklikheid het die Timmerman gekom my vas geanker aan Hom met die tou van ewigheid
Vaderhart
luister… deur al die eeue klink God se stem roep Sy vaderhart na my my kind waar is jy? ek sal opstaan en na my Vader gaan my oë dof my klere vol stof bring ek God die eer U het my alles gegee maar ek was blind wou nie sien het gevra vir meer […]