Branderplankryer
op die kruin van ‘n golf deel van ‘n groot geheel vra nie waar die brander gaan gee oor aan ‘n groter mag word so volkome vry om saam met die brander te ry Here, ek wil ook so vry wees my aan U oorgee dans op die deinings van die see maar telkens neem […]
Geknakte riet
ek geknakte riet nie gebreek as dolke weer en weer in my steek kan ek vir more lag in my swakheid lê Sy krag verneder en verniel maar ongeskonde bly my siel ek weet so seker as wat ek leef uit roet en as sal ‘n feniks sweef ek wat so baie kan verdra alles […]
Lewenspad
gelapte pad van wanhoop en hoop saamgeknoop om duiselingwekkende hoogtes gehalsnoer waar ek op genade loop my witrot doolhof pad van val en weer opstaan ‘n nimmereindigende labirint slingerpad van half-bestaan net Jesus kan my konkel-paaie gelykmaak kan my red van die kake van die dood van die afgrond wat oopbek lag wat op my […]
Vrou
ek is in die draai van die lewe se wiel in die sagte roering van jou siel in doudruppels wat aan roosblare hang voor die son dit in goud opvang ek is kosmos wat groei langs ’n vaal teerpad jou soeke na ‘n kosbare skat die water wat skater oor blink klippies in die voor […]
Graf van onthou
as jy my onder graniet verberg daar waar dit ewig winter is weet net dat ek nie daar in die koue donker rus jy sal my vind in die lag van ons kind in die voëls se oggend-gesang as ons traag opstaan in doudruppels wat in lentelig versplint maar nooit in die winter se donker […]
‘n Hart vol hoop
En selfs terwyl ek wonder verloor tyd sy aanslag met elke sekonde wat val hunkerend, smagtend, smekend na dit wat was kom wees of net dalk nog sal kom. Rippellend deur waters waar rus is (ridder van dié kabbels) vloei ek saam deur strome van tyd triomfantelik met oorgawe, maar steeds bly die einde verliggend […]
Jy vang my hart
Ek staan verwaaid deur die lewe se woestynkorrels en tango met die herfswind Herfswind tango deur die lyne in jou oë Herfswind ballroom as jou hart nie myne kan glo Herfswind cha-cha as my kop te veel oor jou dink Herfswind slowdance alleen in die straatlig wat blink En hoe kan ek nou luister na […]
Agter die kam van die verste duin
Gee my die oӫ van ‘n kind om jou vlasbome te sien bewaar my van onheil en smart sodat ek rustig in my bootjie kan vaar op ‘n see van drome Die lug is rooi, goud en silwer jou hart loer sku oor die rant van die maan Met sonskyn blinkend op die sagte lower […]
Vredesveer
die stormwind in jou het opgesteek ons ou bome ontwortel alles wat mooi was in my gebreek die weerlig van jou woede het soos sweepslae geslaan my vloedwaters het verwyte gebraak na die storm was dit stil ons was gestroop het ver van mekaar gestaan die wind het sag gewaai ‘n engel het gehuil oor […]