Paraffien
Een dag in September (baie jare t’rug) was die oggend ook so donker, was daar ook onheil in die lug. Buite het grou wolke oor Brackenfell bly hang. En in my houthuis was dit skemer (en die skemer maak my bang). * Selfs nóú nog – elk grou September – voel ek so, só asof […]
Jou skoene hoort onder my bed
Soggens ontwaak ek – dankbaar vir alles wat ek in jou het Geëerd om te kan wakker word met jou skoene onder my bed.
MY MOEDER IN DIE HEMEL
MY MOEDER IN DIE HEMEL Vers 1 My Moeder in die hemel my kosbare hemelse pêrel my fondament wat staande bly Niemand kan ooit daarteen stry Vers 2 My Moeder in die hemel my kosbare hemelse pêrel Moeder raak my hart se snare moederlief sny deur my are Vers3 My Moeder in die hemel my […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD SLOTHOOFSTUK
HOOFSTUK 13 Seweuur stap Kas Hennie Aucamp, die senior aanklaer se kantoor in. Albei is ou motorgeesdriftiges en kom al n lang pad saam met ou motors maar ook in die hof. Hennie groet hom en vra: “En waarmee kan ek kaptein Dreyer help vanmore. Moet nie vir my sê dat die Botes saak opgelos […]
Ek is niemam
Niemand sien my meer of weet wat my hart begeer miskien iets heel eenvoudigs soos om net te luister na jou stil onegalige hipnotiese asemhaling koesterend in die lumier van ons kamer Niemand sien waar ek faal of weet waar my gedagtes dwaal miskien op ‘n vreemde kontinent met jou donker silhouëet afgeëts op die […]
Emparikus
Sy het jou hoogtes gesien van naby gewoede weerlig hoor blits uit die hel donder gehoor in jou stiltes sy ken jou sy hoor jou ook miskien volg sy die verskuilde toekomsspore in jou oë; daggestaltes van die geel skynsels in jou son. Soms glip sy terug in die gleufies van jou spinnekopweb oor haar […]
OP VLERKE VAN DIE WIND
ek het ver gestap, ʼn langpad vol beloftes maar elke keer weer en weer verdwaal ek is deur die wêreld verlei, ek verloor toe vir my in die donker maar nou kan ek lag want in Jesus se krag ʼn nuwe dag wat wag op die vlerke van die wind, soos ʼn arend vlieg ek […]
Die lente koningin
Geil groen blare en blomme blou kaalvoet op ‘n slingerpad deur son en wind verdwaald en vroeg verrinneweer Daar wag sy in die reën en sê onwillig met ‘n kreun maar somer son hou niks van my sug sy met ‘n straal van groen Gee my ‘n groen hemel ‘n mondvol hemel smaak vir te […]
Kriteria vir trofees en toekennings by Ink se Gala-aand 4 November 2017
Soos almal weet nader ons die weer daardie tyd van die jaar waar INK sy lede wil vereer vir hulle deelname en puik skryfwerk tydens ons Gala-aand wat op 4 November 2017 by die hAp-huis in Pretoria gehou gaan word. Terwille van deursigtigheid stel ons hierdie inligtingstuk tot u beskikking om enige onduidelikhede te voorkom. […]
Die Feë van Bremen
Die woestyn was ‘n woeste plek. Vier Feë – ‘n swart-en-bruin Feetjie Hond, ‘n pikswart Feetjie Kat, ‘n veelkleurige Feetjie Haan en ‘n grys Waterperd – loop sonder hoop in die verlate sand ryk. Tony die Feetjie Hond doen sy bes om die koelte oor hul almal te hou. Soos hy hyg beweeg die koelte […]