Waterfront
Die Waterfront ek staan op die hawe van Kaapstad met die Waterfront wat verlange bring liefdeslied wat heimwee aan my hartsnare vat sing ja kom ons laat ons vir oulaas sing op die vlerke van ‘n albatros stuur ek jou my droomwens op die vlerke van ‘n albatros tot dit aan die punt van die […]
Tafelberg
TAFELBERG Van Hunks het sy pyp gerook en party dae goed gestook met die tafel gedek met digte mis gemuff en gepuff met mening gewis ander dae laat geslaap beslis verslaap en die skoonheid het die berg in omhelsing omvou as ons by die Waterfront koffie en skonsie laat trou Kapenaars, besoekers, toeriste kuier saam […]
In my gesig
In my gesig In my gesig bewustelik aspris s l u l i s t i g k o u d vrees niet meer lastige ongeduld suis ystervrou lyflik heilig bloed bedek vloei superieur arterie gekettingde bidsnoere beloftes bekragtig staatmaker onvoorwaardelike liefde reddende behoud telkemale op via do la rosa soli deo gloria ©Berna 29.11.2017
Die pad na ‘n man se hart
Die pad na n man se hart sê hul ‘n man se pad na sy hart gaan deur sy maag daarom met my voorskoot aan begin ek my liefdesdis vir vanaand ek dans eers ‘n polka huppel met die klitser as my mikrofoon en sing uit volle bors hoe lief ek jou het meel vlieg […]
Fyn – soos fynbos
Ek sien jou staan teen krans en klippilare. Daar is fynbos in jou arms en jou vel is soos ivoor. Die winterson toor heuning en amber uit jou hare. Die aarde is van jou bewus – sy weet jy is ‘n kaalvoetkind wat net partymaal skoene dra. (Sy ken jou vrae, maar elke antwoord hou […]
In die holte van jou hand
In die holte van jou hand ek sit voor my doek met my sleutelbordkwas wat oor dit gly delf diep in my digwoordeboek na woorde sinne strofes op soek meteens borrel dit soos uit ‘n fontein vloei deur gedagte-kabels sag en fyn spoel oor na gedagtes ‘n nuwe skepping wat ek vingertip op die skerm […]
My spieëlbeeld
My spieëlbeeld ek kyk na jou en sien jou uiterlike raak jou slierte hare jou sproete jou skewe neus wens ek kon daardie knop knieë vervang met welvorming en jou onvolmaakte lyf sê ek wens ek kon jou verander sodat almal jou daaroor beny nou praat ek met jou my spieëlbeeld jy dink praat motifeer […]
DIE WIEL DRAAI HFSTK 11
HOOFSTUK 11 Die haastige geklap en gesuis van die wiele onder trein 665 begin stadig maar seker saam met die geblaf van die lokomotief vooraan tot Marietjie se slaap benewelde brein deurdring. Bokant haar kan sy Elsabe se rustige asem haling hoor, sy slaap nog n dode slaap en droom seker nog drome van haar […]
Woorde
Ek probeer vir jou ‘n liefvers skryf met net die mooiste woorde sterre soos soete akkoorde gepluk uit die hemelruim Ek wou vir jou sê hoe diep my liefde vir jou lê maar die woorde om so mee te toor het ek vir ewig iewers verloor Flenters, in die wind verwaai splinters sonder logika of […]
Laatnagvers
Laatnagverse neem soms sonder plan of plot in ondeurdagte woorde vorm aan in my kop as die winterswind se ontstuimig gewoed kom nesmaak in my verwarde gemoed of die droewe lament van ‘n eensame uil weerklank vind in die eensaamte wat ook in my binneste skuil soms kry my vers ‘n melodie word die fluistering […]