Verlore
In ‘n klam solder mors uit korrels van saagsels gewonde lappop © Marike Erasmus
Saam met wie
Saam met wie Saam met wie loop jy die pad ek het reeds lankal gekies was nog nooit spyt ek loop saam met Jesus Hy het my eerste gekies Sy juk is sag Sy las is lig hy voel nie myne dra my wanneer my bene knak die lewe my verniel versorg my wonde heel […]
My mooiste uur
My geheime stil gepulp in stof en grond seningrige vingers wat verwurg duisternis wat my verswelg stap vir stap vir stap nader aan vergetelheid Sê vir my, my siel, is dit die dood ? onheil wat voortslepend my siel verteer skimme van hoë gestaltes dans skadus van vuurlig teen my bo-kamer muur wie kan ooit […]
Verlore
Ek het alleenwees ontdek myself gesoek in plekke met baie mense woude en rivieroewers ook berge al hierdie plekke het my reuk ‘n dowwe lig ‘n half fluister my binnekamers ook stil gehoop vir ‘n openbaring vry van vrees te wees van die sekerheid van die dood iemand anders begin praat onderbreek gedagtes moes ‘n […]
Vaarwel
Mistieke skoonheid waar ingebergde valleie sing van ebbehout in die bos daar het ek my sensuele woorde versteek sakkarienreuk van my ontwerpe watervalle in my siel borrellende fonteine wat stortings van ‘n blinkmaan naboots verskuil agter verre bergsilhouëtte ons stryd ‘n passievolle dans ineenvlegting… antieke houding tot die berge glimlaggend van heinde en verre, ons […]
My masker
Agter my masker kreun die donker verlate deur haat verniel swart die nag van maan en sterre gestroop eens gevul met liefde en hoop waar geluk eens uit my oë gestraal het nóu donker leemtes geteister deur verwyte my hart my siel betaal het swart is my hart die masker wat ek dra dwalend soekend […]
My hart verkoop
Aan jou, soet soos heuning vir feetjie- geld jy’t belowe om my te ontdek nou vloei eensame trane stadig drup hul deur soek plek om bed te maak sinlose druppels niemand wat dit liefhet en niemand wat omgee ©Marike Erasmus
My hartseerste uur
Dood lê jou lewende siel ver-persoon die flenters van my hart skielik en skerp dit vlek die tien gebooie skrikswart skaduwee my kruis vergulde herinneringe skeur deur my die doodsengel het jou kom haal my hartseerste uur droefheid het God my gefaal? ©Marike Erasmus
Alleen
Ek het die fluit bespeel, maar nooit regtig geweet dat dit ‘n deuntjie sou neurie wyl die sonlig loer deur die bos, waar my kokon sou ontvou alleen, onder die fakkel van die sekelmaan, wat die mis verkwis, blyk die lente binnekort hier te wees klippies kielie my voete en blomme versier my hare ek […]
Hartseer
Deur diep donker dal waar bloedskadu val hopeloos, hartseer, mens ongelowig van wanhoop, half-geleerd in angs, om middernaglug klop tot God se troon met skree en verwyt, dorre siele-woestyn, stil word onder vertikale blouglans van die Hemele grimmigheid vir die dood in stilte soos die dood, monumentale standbeeld ewige horlosie en roekelose wee tot self […]