drama-teug
huppel-stap twee jongens verby duidelik hul wittebrood by see hang laf aan mekaar en streel liefde so mooi en heilig (vireers) geen siniese ou oom of tannie kom hulle geesdrif nou steel nou is dit net hulle wat bestaan reg en mooi en heilig is liefde saagtand spoel branders uit sit ek en bid dat […]
Kerswens
Mag hierdie Kers-fees vir jou wees ‘n ware Christusfees met Jesusliefde wat blom, en jou so ‘n hele jaar verstom!
Suid-Afrika sing kersfees
“Skenk ons ‘n helder Somerkersfees in hierdie land O, Heer!” Koos du Plessis Suid-Afrika sing kersfees kersfees. ‘n Fees van kerse? Vier ons dan die uitvinding van kerse? Of die verskeidenheid daarvan? Dalk moet ons die produkte waarvan dit gemaak word ook vereer? Byewas, parrafien en so aan ……. Nee, ek is nie waansinnig of […]
ń Engel het ń veer laat val
Klara se foto val tussen die blaaie van die Bybel uit wanneer Johnna dit optel. Ag Here, hy mis die engel-kind van hom elke dag ’n klein bietjie meer en meer. Hoe kan iemand wat vir so lank deel van jou asemhaling was, ewe skielik net op een grou dag weg wees? Nadat hy vir […]
Jessica
Jessie jou lieflike krulkop kind van ouma se kabouterkind oë wat vraagteken vertrou kleintyd al verhoudings wil bou mag jou gees sag en stil as jy groot is, die lewe skil.
In die lig van ń sterwende maan
Een aand op ń verlate strand het jy die aandster vir my gegee saggies gesê – “o bliksem maar die liefde brand” – en trane uit jou oë gevee Die sekelmaan het koepelboog oor ons naaktheid gehang Onder sterrereën se skitter-oog het ons geswig voor liefdesdrang Met asem sag soos môredou en lippe alomdeur my […]