Wenners: November 2017 – Oop projek
Baie geluk aan die volgende lede GEDIGTE: 1 ste plek: Carma Shaw met nie soos glas 2 de plek: Caren Kearley met Gebroke denker 3 de plek: Francois Terblanche met Konform GEDIGTE EERVOLLE VERMELDING: Anzé Bezuidenhout met Uurglas-tyd Caren Kearley met Vandag se wag Caren Kearley met Eensaam Carma Shaw met Verwagtinge Estelle Rubow met […]
Gelukwyn
Gelukwyn Die enkeldrup van een allenstaan kraan soos die sagte huil wat twyfeltol oor die wang oor ‘n geliefde rol of reën se eerste aarseldrup terwyl donder binnewolk bliksem en aarde se draai na binne suig net so is die binnedreun van my enkelhart se eenmantraan as ek jou notegeur luister jou boeketklank my sagstreel […]
Druppelprismas
Druppelprismas Roggelweer en blitse het die nag soos dag verlig dreunend my drome ontwrig met venstertik van druppeldans het reën se nagmusiek soos vioolklank oor tjellodreun nag in watersimfonie deur opbou na crescendo verander tot oggend skoongewas sy lig deur druppelprismas in duisende kleure teen mure laat dans en waterspore in poele langs elke pad […]
Heuninglyf
Heuninglyf Die soet drup van jou heuninglyf wat onder my vingers stroop stadig drup en gly in taai heerlikheid jy begin draaidans soos by en ek die swermdreun van jou korf in my are hoor tot soet se stroop oor alles en in alles afdrup © Grootvissie November 2017
Die twee rooi liggies
Die twee rooi liggies (Riller – nie vir sensitiewe lesers) Vannand is ‘n bai e koddige aand. Nie koddig in ‘n snaakse of grappige manier nie, maar koddig in die sin van “vreemd”. Daar’s ‘n vreemde gevoel hier in my nuwe blyplek, ‘n vreemdheid oor die plek en sommer so ‘n vreemde gevoel in my […]
Negenneegentig eenvogels
Neenenneentig eendvogels Daar doer in die noorde, toe dit nog Noord Transvaal was het plekke soos Pietersburg en Alldays jou mooi verduidelik waar jy jouself bevind. Daar iewers het ‘n meisie se oom ‘n plaas gehad, en ons het gaan kuier in die bosveld. Een middag kom daar ‘n oom en ‘n tannie kuier, sommerso […]
daglig
sonstrale breek deur die mis bring hitte oor natgedoude duin oomblikke van verdampende kou dan kruip fisant braaf uit skuilplek kraai triomfantelik sy môre groet érens onder digte fynbos bly lê grysbok ooi met haar lam vir haar is nagwaak oor sonstrale bring sig vroeë waarsku teen mens en dier ©Teárlach
pleonasme
haar uiters hoë status maak mevrou dokter kens blouer as blou en soeter as soet haar soetsappige hoog-drawendheid oormaat van posisie bewustheid laat mediokriteit medioker lyk woordeboek woorde met laggie wat sekerlik ure ingeoefen voor ‘n blink spieël lyk na laerskool – kunswedstryd opaal gesig senuwee – orrel ©Teárlach
dapper stapper
liep-lapper-jas kersvader dra tas sy baard trek sommer los want hy loer te veel na die kos sy magie skraps bedek met baadjie sy stem rafel uit met sy droë liedjie kinders dans om op sy skoot te sit eers daar wil hul net huil en gil sy rook asem stoot hulle af growwe hande […]
voetspore
my hart is in die golwe my voete rus op ‘n krans my hande waai wit sproei my neus ruik denne-hars soms hoor ek loeries skreeu dan is dit een spierwit meeu keer-op-keer wek fisante my staan ek weer op berge se vry ek sweef oor deinende golwe duik deur helder groen vallei waar krom […]