4de Skryfkompetisie – Ink.org.za (1 Desember 2017 tot 31 Maart 2018)
Dit is vir my wonderlik om die groot nuus met julle te deel. Groep 7 en SAVryskutskrywer is bereid om weer ons INK-lede (digters en skrywers afsonderlik!) te borg vir hierdie kompetisie. Die wenners sal op die gala-aand volgende jaar (Datum sal nog aangekondig word in 2018) aangekondig word en dan ook persoonlik hulle […]
Opsoek na jou
Ek sif deur sande om jou te vind beloer elke boom se skadu van dagbreek tot saans volg ek die geroep van die wind van bergspruit tot rivier agter elke stukkie struik soek my siel sonder ophou na jou sodat ons die liefde kan vier in elke briesie wat my toevou met die reuk van […]
Jakob polemiek – ag, poletiek…
Vet vingers vroetel in die koffers “Al wat mens is hou jou bêk ek necklace jul soos Winny en skenk jul as my offers!” Onder brûe en in gehuggies lê daar basies, talle nasies… en hy lag he-he, en hy lag he-he Ja die maan skyn so helder op sy bleskol en hy voel bogerol […]
‘n Kerswens aan jou
Ek wens vir jou ‘n kersfees met die soetste druiwe uit die kaap met vonkel in jou druiwesap en ‘n huppel in jou stap Ek wens vir jou waatlemoene rooi en appelkose in jou boord, – met goue sonlig in die vrug – wat wit bloeisels om jou strooi mag die somerson se skynsel ‘n […]
Sterlig van genade
Onthou jy die kersliggies in die donker duisende sterre wat skitter en wink die aandster het stil aan die hemel gehang – ‘n wit kristal wat in die swart nag blink – die melkweg het die pad gebaan – die veld silwerig in die doflig van die maan ‘n wonderwêreld in pêrelglans gebaai en die […]
Supermaansiel
Jý het verstaan, hier waar ek nou staan traanloos onder nog ‘n supermaan het jý uit die bloute sommernet verstaan; sonder oordeel of waan my angstigheid toegesirkel in jou eie naakte sekelmaan gebroke het ek (of ons) met heelwit vlerke probeer vlug; sentimenteel wou ek minute aftel tussen naelstring en skoenlapper – maar monoklinamies het […]
DIE WIEL DRAAI HFSTK 12
HOOFSTUK 12 Maandagoggend, op Hans se een en twintigste verjaarsdag stap die twee meisies stasie toe om te gaan aanmeld. Hans is nie by die huis nie, hy werk die dag passasierstrein Kroonstad toe. Toe hulle by die personeelkantoor aanmeld is dit n jong personeelklerk wat hulle vra of hy kan help. Dit is nou […]
resep vir geluk
guitigheid uit herdersblik hou oor haar krose die wag leer almal hoe om te lag rooi wangetjies verruklik blik vol innerlike krag bereid om saam te vermaan sal kinders altoos verstaan liefdevolle huis vol lag huis en haard sal nie vergaan een van wil, vlees en geloof sal hul mos kan voortbestaan ©Teárlach
WORD DEEL VAN MY
Laat jou liefde deur my spoel streel my siel met jou woorde sing vir my in die soetste akkoorde ek wil jou in my lyf kan voel… jou menswees maak my ’n beter mens ons harte wat een word, my grootste mens ©HMellet
GOUE KLANKE
Gee my Laurika en Lukas Maree Koos Doep, Steve en Amanda Strydom Theuns, Karen Zoid en Jan Blohm speel weer Sonvanger en Huisie by die see… vat my terug na Blouberg se strand en wys my Hemel op die platteland ©HMellet