liefling verloor jou!
‘n duif roep sy diep nag liefdes koer stroompies sprankel betower bekoor riviere stil in kalm vrede sluimer vrylik veilig vertrou gee jou oor! singend laggend dansende water soete briese heerlike skaduwee salig rustig uitgelewer oorgegee weg gesink en jou verloor! soesh! sus sus! slaap vas! &
Dooie drome
Elkeen van ons (ek en jy) was eens albei net van jou, want mense soos jy dans deurnag saam die duiwel rond, en vir my om wakker te lê in ‘n hol hart wat my met elke klop belieg is die doodste droom wat ‘n siel kan droom. Misien was jý ook al daar lank […]
Die laaste klip
Bly doodstil. Kan jy dit ook hoor geraamtes uit haar kas soos Judas, Pilatus, Petrus en Brutus wat uit al wat gat is bars – korrel vir korrel veg sy ses voet na bo. Saam met blink gevryfde intensies en ontrafelde verwagtinge beur sy deur klippe en kluite wat uit huise van glas op haar […]
lobola vir jou siel
wat golwe uitspoel is uitgedien of kos voedsel vir krappe meeue en sandvlooie strooisels op strande getooi in witmosselskulpe lê die baai vanoggend wat nie bruikbaar is nie moet mooimaak is dit wat by jou mond uitvloei ook so gespoor.. ©Teárlach
die mot
‘n swart mot het in my ontwaak uit die nat van geboorte om ‘n boodskap te bring van P Y N wat vuurwarm wit skroeiend swart brand deur my hart van T W Y F E L en V R E E S oor wat mag wees ‘n stomp mes wat kerf deur senuweedraad draad-vir-draad […]
Woudnimf
Sy rinkink in die takke wat slierte hang uit sy hart waar die sonstrepe flikker en die woud uit tart waar digte bome n tent maak vir haar verlangende siel n skuiling waar niemand haar hart sal verniel Sy gly met die sonstrale af tot op die blare se bed waar die maanlig in die […]
Liefde is…..
Liefde is …… B i t t e r s o e t n ryp oop gebreekte granaat teen die sonsak skarlaken rooi soos bloed n koel bries teen die middag gloed G e d u l d i g n wit skuimende golf in hoog gety op die horison word dit grys en sinkwit […]
Retrospeksie
Toe ek en my skaduwee die eerste maal ál was wat oor was wis ek nie hoe geil kán liefde groei as dit son en water kry jy het my leer liefde skryf sonder ‘n uitveër, sonder ‘n klad en toe het Hy jou weggevat my trane wat aanhou drup, drup, drup sê dankie – […]