Eenling
Stilte drup klankloos, tydsaam stilte vou leë arms om my menswees dit druk my vas in die gang, die kombuis, voor die rekenaar – mense lag en steek kerse aan die brand karre ry verby, facebook word ‘n feesmaal van vrolike gedekte tafels en vakansies-by-die-see “dit sal beter word!” in die nuwe jaar kyk hoe […]
Klikkie Klikbek het nie maats nie
Klein Kwekker kwêvoël het nie maats nie want Kwekker is ‘n regte klikbek. Niemand hou van ‘n klikbek nie. Toe Basjan die bobbejaantjie en sy maats versigtig nader gekruip het om Oupa en Ouma bobbejaan wat so lekker op die platklip lê en slaap het, se sterte aan mekaar te knoop, het Kwekker dit gesien. […]
slaap my skat!
nag gesigte en vergete verhale ‘n wasem ‘n spieël in ‘n droom fluister diepe geheime vrede en liefde waar ek ook is jou omhels en jou kus sluimer miranda! soete slaap! &
JOU NARE VYAND
JOU NARE VYAND Jou nare vyand jy vang my heeltemal omkant breek die deur om my te roof om my siel weer oop te kloof ek het ‘n sterk geloof wat nog steeds my HERE loof goed gestrooi deur my huis geloop van ware besittings gestroop ek het die vyand weer vergewe wat my hart […]
THEUNS DE BRUIN SE HELDEDAAD
Theuns de Bruin was n Karoo seun wat met die bittere droogte n heenkome op die spoorweë gaan soek het omdat die plaas, daar in Hopetown se wêreld, nie meer vir hulle kon sorg nie. Hy het n kwekelingstasievoorman op Oranje Rvier geword en was sy eerste stasie Belmont stasie toe hy uit die kollege […]
Die laatson se groet
Die skemer steek sy pienk-rooi arms uit oor die horison knipoog sy laaste vaarwel hang Jesus aan die kruis verstote alleen Streel ‘n windjie sag oor sy bebloede wang die stilte van die skemer kom hurk lang hom waar is my God? vra Hy bang ‘n Mistigheid vou om Sy wimpers en dan raak alles […]
oneindig
klein haardikte pypie van hier tot verby die son oneindige klein voorwerpie heelal met alles daar buite oneindig in getal en grootte geheue van die mens ingestop in sy brein oneindig is data meer oneindig minder verstaanbaar tog is daar net ‘n filter wat eendag verwyder sal word ©Teárlach