Solitaire
Solitaire
Ek mis jou die meeste as ek op my blyste is
as ‘n dag vol sonlig en kleur my hoog opgelig het
tot daar waar die hemel, en jy, is
dan mis ek jou die meeste
want vir wie anders as
Brakkies, my worshond
en Hagar, my swart hond
(ja my swarthond…)
kan ek vertel van my lekkertes
as ek tuiskom en in die stiltes instap,
die wit mure en die plankvloere wat nie praat nie
Ek mis jou die meeste
as ek op my blyste is
Elizabeth Kendall ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.