Ritme van genade
Ek het nie ‘n titel voor of graad agter my naam nie, is nie gechip of geskouer deur vernaam nie, dalk nie die mees berese of gelese maar beslis opreg in my wese. Ek is nie ‘to high to come by’ of daarop uit om onmin en haat te saai, loop nie met my kop […]
Sonkring
in ‘n ekstatiese oomblik as ek vlerke kry soos ‘n arend op stromings van die wind kan ry of soos hermes met gevlerkte voete my van graviteit kan bevry bevind ek myself soos ‘n voël in vlug sien ek die slotsom van my bestaan in die sonkring van die lig
‘n Raaiselagtige vrou
ʼn Raaiselagtige vrou Haar woorde is min net haar dagboek weet waar het alles begin. Waar ink op blaaie geheime besin, is haar woorde in raaisels vir min gegun Kinderlike vreugde skyn deur haar met gedagtes wat sy soos goud bewaar, haar hart bly maak beswaar net gelukkiges sal haar kan verklaar Blou oë blou […]
DAAI SNUFF VIDEO
DAAI SNUFF VIDEO Daai Satynlaken-dae, nê …..Daai spul het vir jare gesoek na net een enkele swakplek in my yskoue mondering. Of enige redelike afbeelding daarvan. Onsuksesvol; maar daai een windverflenterde fraaiingdag toe hulle heel per ongeluk struikel bo-oor my enigste voor die handliggende stukkie weerloosheid – dit was eintlik so dêm openlik dat dit […]
‘n Vrou van seisoene
i. laasjaar (toe dit lente was) het sy Tulbagh toe gery en sy onthou nog hoe groen die lande was waar die koring en die wingerde gedy die blouberge het – soos altyd – die Boland vol gelê en daar was skape met hul lammers wat teen die rante loop en wei en Aronskelke, wat […]
Me myself and I
Alliterasie, assonansie en vrye vers is my wolkombers ek is in my element met enjambement én rymskemas kom handig te pas maskers word getoor in vergelyking en metafoor, personifikasie en stylfiguur afhangende van my gier in retoriese vrae, taalgebruik, strofes en clichè’s sal jy my vind in vele kontraste en simboliek word perspektief en stemming […]
LIENTJIE DIE MIERTJIE
Lientjie is ‘n miertjie wat diep onder die aarde woon. Sy versorg al die baba miertjies. Die babatjies is baie lief vir haar want sy sing vir hulle liedjies en sorg dat elkeen kossies kry. Daar is altyd ‘n glimlag op haar mier gesiggie. Lientjie het net een begeerte en dis om die koningin te […]
Verstaan jy dan nie?
Verstaan jy dan nie? Sy genade het leeg gebloei vir jou en vir my Hy is opgewek uit die dood vir jou ook sodat jy ook vrede kan ervaar en genesing kan ontvang maar jy kies om te kleef aan die angs en die leuen dat jy nie goed genoeg is nie Verstaan jy dan […]
Silwerblink trane
Goeie naand, woordvriende en ander wat in seerkry saam ‘n pad stap, wat dreig om ons voete te laat ontspoor Dis nog saterdagaand en ons ontspan sommer met niksdoen. Vroegoggend het ek die dag aangedurf, dagbreek gegroet en in die stilte van ons aandkuier-vertrek, kom bid. Nader aan God kom stil sit en sy Heilige […]
Van Egipte tot hier.
Onder die Faro’s van Egipte, het elke Israeliet geweet wat van hom verwag was. Ons sal offer wat jy vra. Hulle het gewerk, gelate in hulle lot, tot hulle dood neer geslaan het. Ons sal lewe, ons sal sterwe. Elke persoon het presies geweet hoe om te oorleef, presies geweet wat om te doen. En […]