Die Groot Verlies
DIE GROOT VERLIES ‘n Dag sonder jou ‘n Week… ‘n Maand… ‘n Jaar… ‘n Leeftyd sonder jou. Wat moet ek onthou jou gesig, jou lyf, jou teenwoordigheid? Hoe moet ek bly staan wanneer alles om my vergaan? Het God my dan verlaat, gelos sonder ‘n maat? Kopiereg L Lexow
lag
dou voor dag as sonstrale goud deur mopanies skyn rooibok mis swart nat op hopies lê en blink is die tyd vir jag vroeg oggend koue stoom op rooibok se asem brom pootjies wat klap gnoe se grom bosbok wat blaf koedoe statig majestieus gestaltes in bosveld wat is en nie is dit is die […]
Progressie (Opdrag 8)
Tyd Triolet Die Tyd Triolet bestaan uit 3 strofes waar elke strofe 5 of minder versreëls bevat: Strofe 1 moet in die verlede tyd geskryf word Strofe 2 moet in die teenwoordige tyd geskryf word Strofe 3 moet in die toekomende tyd geskryf word Die strofes hoef nie noodwendig in die bogenoemde tye geskryf te […]
Kersfees onthoutjies (Opdrag 8)
Die Kersboom effek 1. Die digvorm neem ‘n Akrostigon vorm aan maar instede van ‘n naam, moet dit die tema/titel van jou gedig aanwys. 2. Die uitleg van jou gedig kan ook die vorm aanneem van ‘n voorwerp van jou gedig, in hierdie geval ‘n kersboom. 3. Elke vierde versreël moet uit ‘n enkele woord […]
Maak nuut my siel
Waar winde woes waai skeur dit jou uit my lewe en maak nuut my siel ©PcV
geluide
op swart dak van wit huisie is daar geluide van geveg kransduif wyfie se hand is in gedrang vanaand sy sit skroom en wag terwyl haar vryers tot die laaste vlekklap en veer stoei en stry dit is laat môre sal dit voortgaan tot die laaste energieke man bly staan triomfantlik sal hy haar gelei […]
Die aap op jou rug (Opdrag 8)
Elke taal het sy eie unieke gesegdes. So ook is Afrikaans ‘n diverse vrugteslaaitaal wat skatryk is aan eie unieke idiome, slagspreuke en sêgoed. Dis ‘n nalatenskap om op trots te wees en een wat ons aan die lewe moet hou. Dit maak ons taal en literatuur kleurryk en interessant. Deur digkuns as instrument te […]
Ek dink (Opdrag 8)
Nimfoleptiese digvorm Die Nimfoleptiese digvorm het in die digtershart ontstaan. Spesifiek in die geskiedkundige dorpie Wellington in ongeveer 2014. Die dorp is ryk aan skrywers uit alle era’s en almal met uiteenlopende agtergronde. Tussen Breyten en Adam se stemme moet die digter dink en skryf oor iets wat sy muse aanhits. Caren Kearley het hierdie […]
Vrees
Vrees – Vernielsugtige Redenasies En Erge Stres, deur Stephan Uys Ek is op voorafbetaalde krag en ek is bietjie bang die krag mag dalk netnou opraak, so ek wil net gou-gou ʼn ietsie sê oor vrees. Ag hemel, gepraat van opraak. Ek hoop ek het nog data oor sodat ek my skryfsel kan instuur en […]
In elke oogknip – Opdrag 8
OPDRAG 8: SKEP JOU EIE DIGVORM! Premise en afleiding digvorm 1. Die gedigte is gewoonlik in vryevers maar kan ook in rym geskryf word. 2. Die eerste deel van die gedig beskryf een of meer premises wat veband hou met mekaar. 3. Die tweede deel van die gedig kom tot ‘n afleiding/slotsom wat op die […]