Haikoe wat wuif
Oë wat nie ontmoet, Vergete winters-woorde; Moes ons vanaand groet.
Eerste liefde (Opdrag 7)
Kom proe die kleur van my vrugteboorde waar hartsnare saam kan speel soos water wat oor klippies kweel drink ons ons liefdeswoorde as ons lippe vlinder oor akkoorde ons ons simfonie kan deel waar ons liefde alles heel verken ons saam vreemde oorde die klinkende kleur van ons simfonie breek in vervulling oop deurdrenk ons […]
Verleiding (opdrag 7)
Sandaal se gespe losgemaak, trap sy weer ’n kaalvoetspoor deur blom- en kruietuin; beklee is sy, met bont sarong – ragfyn. Broos is sy, soos appelbloeisels in hul fleur. Soms woed die vuur in haar – ’n hunk’rend seer; midde laventelblou en roosmaryn val sonlig oor haar vel, saans dans maneskyn in tango met haar […]
Liefdesvlam (OPDRAG 7)
sag lê jy my neer op purper roosfluweel ‘wyl hande liefkosend deur aroma streel skroeiend brand oor letsels seer wat smagtend oopkelk toeskulpverweer my gul nooi tot oorgee en deel die roete volg wat jou tong proe deur onskuld gesteel met soekende lippe wat teer liefdessalf aansmeer – maar hierdie liefdesmelodie orkestreer ‘n wankelnoot laat […]
ewe
soms staan my duin leeg geen mens in sig – net die see meeue kraai en wei op die golwe leë strand sonder spore lê glad gestryk blink waterspore van wit skuimsome klein borreltjies lug pomp uit sand waar krappies en skulpe skuil oor spieël-gladde strand dans geelbors voëltjie trippel heen en weer staan botstil […]
Trappe klim is nie vir sissies nie!
Ek’s ‘n reisiger in murg en been en as ek sê “reisiger” dan bedoel ek dit letterlik en figuurlik, want as die wiele draai dan is ek in! Ons as gesin reis gereeld en is altyd uit op een of ander avontuur. Ons is gek oor ons land maar ook om ander lande te verken. […]
Lambada – verbode dans van die liefde (Opdrag 7)
Ritmies die dans in die smeulende nag op maat van die spaanse kitare bruisend die bloed deur hul are uitlokkend haar heupe, haar lag wulps die lambada, maar haar oë sag soos die lig van die vuur op haar hare meesleurend die klank van die snare wat saam met die passie sterf in die nag… […]
Die vrede in stilte
Die stilte in my vra geen vrae nie dit beweeg stadig tot waar ek myself in die holte van vrede vind ñ plek met geen tyd ñ wêreld waar enige iets moontlik is waar my stem gehoor en my woorde verstaan word ñ plek waar die geraas van die roekelose wêreld verdwyn en ek kan […]
Tortelduif gekoer (OPDRAG 7)
Ons tortelduif gekoer ‘n perfekte melodie toegevou in ‘n liefdeskombers twee harte klop in harmonie volmaakte vers vervul mekaar se gedagtes – telepatie die klank van goue waterstrome speel ‘n simfonie as ek jou soet lippe proe by die opsitkers die sterre in jou oë wat my drome in joune pers waarom moes ons son […]