Stefanus Kleinsmit
Stefanus Kleinsmit gesels kerk. Ek het vandag ’n nuwe vriendskap bevestig. Sy naam is Stefanus Kleinsmit, maar die gemeente noem hom broer Steven. Hy is 89-jaar oud en hy werk nog elke dag van 09:00 tot 16:30, netjies geklee en altyd in ‘n pak klere of ten minste met ’n onderbaadjie, as dit te warm […]
Tyd vir verandering
Ons elkeen se reis en ervarings is anders hier op aarde. Wat vir die een belangrik is mag belaglik vir ‘n ander een wees. Ons siel, wie ons is, word dikwels opsy gestoot en selde aandag gegee. So baie mense ly geestelik honger. Jy kry skatryk mense wat enige aardse besitting kan aanskaf, maar hulle […]
Die Ongeskrewe Boek
Wat sou ek sê in ‘n boek wat ek nooit sal skryf nie? Sou ek vertel van al jou lag, jou huil? Sou die trane oor my wange ink wees waarmee ek al die blaaie vul? Sou ek daarin vertel van droomverlore nagte, van liggame verstrengel met net die nagwind as ons kleed? Wat sou […]
Mooiweersbelofte
Die helder pienk wolke teen die blou lug gesmeer dra die nuus vooruit ons kan seker wees more wag daar reeds vir ons goeie weer Wel dis wat die stem op die radio sê maar hy het seker nie gesien hoe die droogtelammers sommer een’ge plek in die veld bly lê As die mooiweerson al […]
Brood vir die siel
Die siel sweef rond opsoek na betekenis leë oë verklap die moeë siel se gemoed stadig val die korreltjies van die uurglas om bekentenis pleitend om die groot honger te laat woed bring jouself tot inkeer en herken die lewe draai soos ‘n groot wiel tyd om jou soeke na voeding te beken daar is […]
Bedelaar
Hy hinke-pink as mense kyk sorge verdrink om dit te ontwyk. Wag vir ‘n nader wink om nog meer weerloos te lyk selfs ‘n traan gepink met hande op die buik. Verslete, verwaarloos, vermink die lewe opgebruik in dronkenskap rink-kink hongerpyne tydelik gefnuik. Die munte in vuil hande blink boustene van sy koningkryk. ©️Verdoes
Stil die stemme
Stil die stemme Die tolbos rol om om om kakie groei welig wiele rol om om om ratkas krap olie tip tip tip opiaat my maat dowwe oë gefikseerd myn ontplof kop bars oop soos spanspek web draai vas donker nektar vloei benewelde denke sinne onlogies hardloop hardloop kry dekking mortiere swoesj bloedbevlekte klere stukkies […]
Meisie se Make-up
MEISIE SE MAKE-UP “Rene waar is jy?” Sy ma se stemtoon laat hom vervaard van die rusbank opspring. “Hier is ek ma” Hy steek in sy spore vas toe sy ma die sitkamer instrompel. “Was ma in ‘n ongeluk? Meisie klik vererg met haar tong. “Nie jy ook nie. Die hele oggend by die kliniek […]
BITTER BLAAR
BITTER BLAAR Hartseer kelk in bitter blaar ‘n vanggat blombek met skyn omvou gegiet in vaatbundels van doring amara word die nou verwelkte weemoedskind saggies ingehaal en ru deur tyd verslind in vlerkgedruis word soms rus gevind met tollende tuimelspel in stuifmeel wind deur dorre fyn poeier-vlug gesleep oor bulterige wolk-sliert moeë hande ‘n spel […]
Die peetpa
Die peetpa Ek sal die een of ander tyd seker ‘n samevoeging van al my Voortrekkerweg -gedagtes en -ervaring kan neerpen, maar tot dan, is hierdie nog een van “daai” stories wat sommige mag geval en ander sal laat spaander. “Something is going down…” dit was ál wat die netjiese jongerige sakeman kon uiter, terwyl […]