Dalk is dit nuus
Dalk is dit nuus Êrens in die wye Kaap slaap daar vanaand ’n motortjie of dalk ’n mens of ’n dier onder ’n seil wat nie aan hom, dit of haar behoort nie. My openingsreël hou nou nie juis besondere nuuswaardigheid in nie, maar dit was tog die wekroep wat my sluimerende kwelling oor vrae […]
Moeg vir die storms
Moeg vir die storms Die Vlieënde Hollander was in ’n storm onder by Kaap die Goeie Hoop vasgevang, so vertel die verhaalskrywers, maar Kaptein Van der Decken wou niks weet van omdraai nie; hy wou deurdruk, al was dit tot in die hart van die storm. Selfs toe ’n groot golf oor die skip breek, […]
getrou
my duin is vanoggend leeg ligte reën drup saggies neer dit weef my gedagtes na skooldae met rudi neitz wat duits vir ons leer “ach wie is möghlich dann, dass ich dich lassen kann” en “wir kanst nichts treu zein, ja-nein da kanst du nicht” liedjies wat vandag nog in my gedagtes refrein eie kultuur […]
Verlatenheid
Ons ry deur die verlatenheid van die Skedelkuspark, ‘n oerlandskap wat lyk of dit nie aan hierdie wêreld behoort nie. Ons ry stadig want die pad is sleg en ek wil niks mis nie. Ek wil stadig elke faset van hierdie verlatenheid opsuig soos ‘n spons, elke nuanse van vorm en kleur ervaar wat voortdurend […]
Omdat Hy leef….
U grootheid staan volstrek vir almal om waar te neem om dit wat vredeliewend is ons eie te maak want dit is die Here se seën vir ons almal hoe lief is Hy vir jou en my om nie Sy wil op ons af te dwing nie die keuse tussen goed en kwaad die Een […]
Spys en drank
(Brons) As ‘n mens nou alles kan glo wat in die media gesê word oor kos, kan jy nou maar net een afleiding maak. Ons is almal besig om onsself elke dag meer en meer te vergiftig. En daar is so baie dinge wat ons dood kan maak, dit is slegs ‘n wonderwerk dat daar […]
Die siel is weer tuis.
Dora-Mari voel die sonstrale deur die venster op haar gesig val. Sy moes aan die slaap geword het. ‘n Nuwe seisoen maak mense opgewonde, hulle sê lente bring vernuwing, hoop en al die bloeisels is kos vir die siel. Sy is dus in winter vasgevang en voel lewend dood. Hoe verwerk jy jou agt jarige […]
‘n Breë, breë pad
Daar is ’n breë, breë pad wat om en om die aarde wentel. Mense, die pad is pragtig uitgelê. Dis so netjies. Dis edelgesteentes van alle kleure en groottes; nie altyd die ware jakob nie, maar baie goed verbloem in oorgeblaasde goud en silwer. Die stalletjies langs die pad is net die beste. Daar is […]
tiensent-blommetjies
naby my hartstuin blom grondbossies se roserooi tiensent-blommetjies en pointsettia in miniatuur, ’n sonskyngeel oordek die rankroos wat oor ‘n lendelam heining hang terwyl raafswart flapvinke en blougroen glansspreeus hul gunsteling gras en bessies verorber langs die goudvissiepoel krul varinglote mintgroen, fluweelsag vir ’n dag of twee, strek dan uit saam met kosbare disa en […]
Vrystaat
is daar nog ’n plek op aarde waar die geelgras so kan vaal; waar wit wolke op die horison die blou uit die blou lug haal is daar dalk (in ’n ander wêreld) ’n streek so oop, so wyd, so vry waar rooibruin beeste middaglaat – kopomlaag – oor wintervelde wei skilder elders ook murasies […]