Kolmanskop in die woestyngebied
Kort duskant Lüderitz omgiet in sand op sand lê sy geraamte geesloos. Maar tog, soms as die wind waai, as ‘n luggie suis, net so fladderend, vlugtig, sal mens wonder wie nou woon in ‘n Kolmanskop se huis op en onder duine, deur droë kosyne praat toeriste, fotograwe, maar fladder-fluister iewers skadu’s in die vlug […]
In die hart van die woestyn oppad na Aus
In die hart van die woestyn, die Namib-woestyn, deur genade nog op die lang swart pad na Lüderitz, is daar skielik fout, die kar begin swaai en alles is vrék swaar gelaai! Hel, die band is pap, wat op aarde! Aus is nog ver, daar’s g’n niemand in sig… Ruk-ruk trek ons terug, nog met […]
te melek
sagte wind skarrel om die hoeke blare en tolbosse waai en draai meeue kraai van pure lekkerkry op my duin sit ek in son en braai tussen withuisies heers daar stilte netjiese geplaveide strate skitter waar son om hoeke koeltes gooi oumensies middagslapie geniet oor alles hang daar stille vrede wat self golwe se breek […]
Ek ken dit maar net as Fudge
Ek ken dit maar net as “Fudge” Woensdag het die wind lelik baklei met ons en landwyd sy woede en krag behoorlik ten toon gestel. Bome is plek plek omgewaai en ander is kaal uitgetrek en al wat oorgebly het is nou verlepte blare. Vandag … vandag is dit stil. Die wind het weer vrede […]
Bloed en wraak
Bloed wat syfer uit my kop Voel God-verlaat… soos Job In my bloed gestik Bloedrooi, gestol, dik ‘n Hamer deur my voorruit … Ek skrik vir elke geluid Geslaan, gekoes, Terug baklei, verwoes Wat het nou weer gebeur… ek kan nie onthou? Wapen op jou gerig gehou Die skoot uit my geheue gesny, Het ek […]
weskus-leef
die see lê turkoois blou wat ‘n wonderlike gesig strandlopers nou besig om witmossels te grou vistreilers vroeg vertrek laat blink bane agter hul skemer ontvang hul gul hul het vol nette getrek weskus ekonomie leef visbedryf verskaf arbeid fabrieke werk dat dit beef ©Teárlach
Jy is karmoesyn (©Eduard Smith)
Jy is oggend vir my wat minder bloumank is en eerder oopbreek soos ‘n vrugdeel wat laatmiddag se kwaste karmoesyn, imiteer – jou kom en gaan is sag en die woorde, wat saam koffie stoom, is vlinders in my oor waar jou asem nou laer trek. ©Eduard Smith
Klong (hoofstuk Vier) ©Eduard Smith
Hy sit vir minute stile en staar in die gloed van die vlamme, wat warm teen sy gesig voel. Sy binneste voel soos die kern van die vuur en daar is ‘n mengsel van angstigheid en woede wat soos ‘n sooibrand agter in sy keel vorm. Hy durf nie nou praat nie…hy het reeds té […]
Jou voetspore bepaal – Intertekstualiteit
jy wat so graag filosoof wil wees sonder ouderdom wat jou siniel sal vlek wat manmoedig rond wil jol sonder kettings of gebooie waar jy op jou voorwaardes vryhand wil bid en leef met jou whiskey en koerant salig met jou nakroos vlegsels van vrede weef wyl jou draadmandjies weemoedig roep so kyk jy dan […]