dans van die skulpe
wit mossel skulpe lê gesaai lengte en breedte van strand knarsend klink my voetstappe as skulpe onder krakend breek vanaand dans die skulpe weer in spring gety se opwip-golwe gruisend, grawend, groeiende spierwit gedekte mossel tapyt hier deur mure van ons huisie druis die klanke in my ore sag weet my duin is buite gevaar […]
Gedagtes langs die pad
Vir die hoeveelste keer wat ek met die pad ry waai ‘n tarentaal se veer verby my Die son sak en verlange verdrink saam met hom in die oranjerooi gange tyd gaan so vinnig om Dwaal my oë oor die vlaktes en ek wonder met heimweë gedagtes in hierdie sononder Waarom voel ek in gister, […]
gedoriewaar
gister het wind gewaai vanoggend is dit bewolk en reën gister was ons jonk en mooi gewees vandag is ons helaas nog net mooi so praat volksmond laggend spottend met homself my volk het een ding wat niemand anders het dit is om selfs onder moeilikste vir homself en ander te kan lag volkshumor soms […]
Genade
Geweefde drade van genade gevleg deur oomblikke wat alles bind van dit wat toeval en beplanning saamweef alles wat gevestig is op meer as wat die wêreld kan bied deur Sy genade en kosbare bloed is vergifnis lewendig vir elkeen wat na Christus smag met elke weefsel van jou verganklikheid en Hy sal jou vertrooster […]
Waters van rus
Waters van rus Kom vat my hand en lei my tot waar waters van rus na my siel toe roep en ons sy aan sy in vrede se stilte wroeging uit kan blus lei my tot waar die piet my vrou en die nagtegaal se melodie my hart opnuut toevou in die lewe se liefdes […]
Kaneel-suiker vir die siel
‘n Tydjie gelede hou ek ‘n ouerige dame dop wat skuins voor ons in die vliegtuig sit. Dit lyk asof sy definitief aan die regte kant van die spoorlyn, daar doer op die bult, gebore is. Haar hare is mooi versorg en haar klere is opsigtelik duur. Die juwele lyk ook nie te onaardig nie, […]
Drome word waar
Onverwags kry Willemien ‘n oproep van ‘n ou bekende vriend, sy is so opgewonde sy kan skaars behoorlik praat op die cellfoon . “Hi Shaun, wat ‘n verrassing om weer van jou te hoor. Net nou die dag sit ek en wonder hoe gaan dit nog met jou, ons het laas so vinnig gegroet net […]
’n Storie uit Donkerbos
In Donkerbos, so omstreeks middernag (geklee in ’n tutu van wit satyn) het ’n feekind met ’n vrolike lag in ’n ou kalander se mik verskyn. Die maan het sy in haar palms gehou en met kale voet, op haar toontjies fraai (onder ’n hemel wat indigoblou) gewals, ballet en om-en-om gedraai – so al […]