MASKOPPAS
MASKOPPAS Ek sit hier in my enigheid en dink sommer aan ‘n klomp goeters wat verby is, maar nog nie klaar is nie en…en skielik is ek so lus vir maskoppas jy kan met my ‘n afdraande spook by ‘n HipHopkonsert teel. Maskoppas – ek’t dit so baie se baie in my straatslaapdae (of per […]
Winter in Stellenbosch
Die reen sif nou al dae en nagte lank in winterskemering oor naakte boom en wingerdstok, en oor my dak se reeds deurweekte nok. Die wind sug stil, eentonig – asem sonder drif – wyl lewe langsaam pols in ‘n staat van diepe slaap en rus die eike woord’loos skeletaal half versluierd in die mis. […]
Winter aan die weskus
Die son het ongesiens verbygegaan versluier en verberg die mis het soos ‘n grys gordyn als onderlangs verdwerg. So het die dag verbygesleep grou en grinterig die see gedemp, ‘n meeu geruisloos in die somber lug. Die middag laat het opeens die mis soos ‘n oester oopgebreek en die golwe, woes en blou soos ink, […]
Kwatryne in die kou’
Die lug was soos jou oë, blou maar die son se strale was al flou swaels het op die draad vergaar, toe’t ek besef hoe mis ek jou. Die dae het koel geword en kort terwyl die bome al hoe kaler word die wintersreën het sag geval terwyl ek ongesiens my trane stort. In hierdie […]
Skewe Bakke
“Hierdie kaste moet reg gepak word.” Begin Naomi beslis. Vir ‘n tyd lank het sy haar geduld gehou rakende die onpraktiese kombuiskaste. Alles was in wanorde. Elke keer wat sy iets wil doen moet sy handeviervoet rondkrap in die kas om die bepaalde item te kry. Die meeste van die tyd ‘n vrugtelose gesukkel wat […]
MEI 2019 Projek Uitslae en Kommentaar – INK MODERATOR
Beste INKers, Gun my die geleentheid om dankie te sê die heerlike samesyn die afgelope jare. Hierdie is my laaste beoordeling voor ek die taak aan ‘n nuwe hand oorhandig. Dit was altyd ‘n grootse voorreg om tussen julle werk te kuier, en op my gebroke manier te probeer bydrae tot julle ontwikkeling. Ek wens […]
Ou man Winter (Brons)
Die ou man se koue asem maak wit wasem teen my ruit. Sy kromhout vingers is koud en klam wanneer dit om my hart kom sluit. Sy jas se punt sleep saggies deur die boompies in my tuin, en laat dan tuimelend in kleure wonder ‘n helder blare mat verskyn. Sy trane drup kristalwit op […]
KUIERS BY MY OUMA OP UNIONDALE 1
KUIERS BY MY OUMA OP UNIONDALE Vakansies kuier ek by my ouma op Uniondale. Ek het ‘n Oupa ook daar gehad. My oupa was ‘n waterwyser en ‘n boorman. Eendag boor hy toe ‘n plaasboer naby Robertson se dogter in die ander tyd in. Toe die boer uitvind van die vleeslike boordery wat op sy […]
Goeienag generaal.
Een van my vreugdes as radio-omroeper is my Sondagaandprogram Andantè. Musiek geskryf deur klassieke meesters, wat tydloos is, wat iets verwoord van mense se lewens, van hulle emosies en van die verloop van die geskiedenis. My speellys was Sondagaand vroeg reeds opgestel: Laudate Dominum van Mozart, aangrypend mooi gesing deur Kiri te Kenawa. Die Dodemars […]