Kamino Geronimo
papierwoorde m.du preez
Hoe lyk jou voetspore?
Ons loop daagliks verskillende paaie, elke pad het sy eie bestemming, verwagtings en eise op ons tyd, intellek en vermoëns. Ons beweeg tussen mense ‘n groot gedeelte van die dag, raak betrokke by groepe, leer almal ken of stoot mense weg na gelang van die situasie. Ons kommunikeer, deel gedagtes, lag, huil en skinder soms […]
VAARWEL, MY GELIEFDE
Liewe Winter Ek dreig al so lank om vir jou te skryf, maar elke keer bedink ek myself. Elke keer dink ek dat ek jou nog net een kans gee – een kans om te bewys dat jy my nie verraai het nie. En toe, uiteindelik, besef ek dat dit nooit weer soos voorheen kan […]
nag na dag
in geel sonstrale staan my duin stil warm gebak in ligte wind erg koel stilte van gees heers vandag daar geen swewende emosies wat roer koue lugdrade van senuwees broei soos spyker oor sinkplaat wat gril waar is rou emosies wat skroeiend harte kan verteer en gesigte breek eentonige brom van sonbesies stil bosveld bome […]
Sonder winter
Wit lê die ryp op die gras, heeltemal in kontras met die stomende warm beker koffie tussen my hande toegevou. ‘n Koue wind waai deur my lyf, en my gedagtes krul op tussen ‘n hoop droë blare op die grond. So is elke verhouding ook, sommiges bly groei ander gaan gou dood. Dit is soos […]
DNA SPEL VERLANG
DNA SPEL VERLANG Jou dna lê opgedam in die wegsteek-hoekies van my lyf. Jou asem verfkwas wasem-prentjies teen die leë vensters van my hart. Die monoloog van jou wegwees word splinter-stukkies mosaïek wat branderbreek onder my kaalvoet-dans se rou….. En. En iewersters buite die realm van verlang, sing ‘n rooibruin mossie ons lied. Sonder om […]
Winterhart
Winter vou my hart warm toe, sodat die koue dit nie doodryp nie. Maak my oë sag sodat ek die mooi kan raaksien, al lyk alles so vaal. Vou ‘n warm winter kombers om my, en trek wol kouse oor my voete aan. Here maak my winters’mandjie vol met nuwe hoop en krag, en maak […]
PLAGIAAT/LETTERDIEFSTAL
Plagiaat/Letterdiefstal Waarskuwing! Plagiaat is ‘n baie ernstige oortreding. As jy jou daaraan skuldig maak, kan jy uit die Universiteit geskors word, krimineel aangekla word, of verban word van ‘n sekere platform, of ‘n siviele eis kan teen jou ingestel word. Wat is Plagiaat? ’n Mens pleeg plagiaat as jy iemand anders se idees – gepubliseer […]
Winter is nie Wankelmoedig se maat nie!
Winter het knypers van yster. Hy blaas ysige misweer deur sy neusgate. Verf die hemelruim vinnig vol bloupers onweerswolke. Kort voor lank dop hy sy emmers om en val reën in vriesende vlae. Breek ’n moedige sonnetjie dalk deur, is dit waterig, nes my neus. Gelukkig is my lippe gevoelloos van die koue. My vingers […]