Winterkaros
deur ‘n ysige wintersvlug kristal haar asem tiekiedraai en swaai haar yskaros dansend om die knersarms van gestroopte boom en plant wat swart na binne blom dwalend in verwondering deur verstrengelde stoppelgras wat flenter-vlerk knak en buig verkrummeld op die aarde neersyg terwyl stingels smagtend op ‘n nuwe lente wag soos ‘n vergeelde foto hang […]
winters dag
groen fynbos velde groei rojaal allerhande groenigheid kom op skilpadjies kom weer kos haal my duin verspoel ver oor sy kop oorkant baai skyn liggies snags verre bergreeks wys blou koppe wit perde jaag strand toe bedags ry fietse met stewels en stroppe daaglikse metrum van gebeure mens en dier woon rustig saam seisoenale blomme […]
GOETERS WAT BETERDER IS AS DIE BESTE
GOETERS WAT BETERDER IS AS DIE BESTE Lank gelede tydens daai Goddank-verby Satynlaken-dae het ek status, mag en ‘n stewige bankbalans in die palm van my hand gehad. Ja, Bokkie my babie – ‘I moved like Harlo in Monte Carlo and showed them what I’ve got. I got undressed by kings and seen somethings a […]
die nag daal
die son het gaan rus die maan gee blou lug ‘n kus al die meeue het gaan slaap hier en daar blêr ‘n skaap my duin is pikswart stil waar golwe die strand afskil stukkie vir stukkie skuif sand vorm walle en slote op land die nag skyn pikswart bewolk waaronder die wolke draai en […]
‘n Koue wintersaand
Lank staan Werner op die balkon, en kyk hoe die koets in die donker verdwyn. Dit is ‘n knerskoue wintersaand Junie 1833, die mis hang laag oor die berge met die son wat sy laaste goud daaroor verf. Hy draai om, en stap in sy studeerkamer in. In sy boonste laai haal hy ‘n swart […]
Winter in haar wese
(goud) Buite knoop die winter haar purpergroue kamerjas aan die uitgebreide blouheid van die Bolandhemel vas; sy strek dit wyd en syd, van hoek tot kant sy stort water oor die land wat eens so bitter dors was. Sy trek die berge toe vir dae lank as belofte dat die wingerde altyd weer sal rank. […]
Nommer asb!
Die dae van klein wees is verby kettie is ‘n verlore seun Barbie het al ‘n selfoon Vingers wat daans om woorde te tik woorde van ‘n verlore tong soos koppe gebuig staan vasgevang in ‘n tegnologiese tronk Onpersoonlike gesprekke ‘n doods’kis ‘n gees’telose verbal ‘n karak’terlose taal Skiet my in die ruimte in miskien […]
Winterlittekens
as engele die oranje blare skommel staan die littekens bar en leeg sonder lewe – sonder vrees in die winter se oggendlied wat kraak in gelid die droefheid van wraak wat nes onder die kou’ wintergesange falsetto deur die ysige lug wat kristalspore laat onder kleurvolle einders wat dans in die lig op woorde wat […]
Die ideologie van taal
uit my bundel papierwoorde2019
Die winterbroer
uit my bundel papierwoorde@2019