Jongste aktiwiteit:

Junie(Bladsy 14)

nog ‘n blom se bloos is uitgedoof nog ‘n rots vergruis in gruis tot sand elke dag hoor ek van meer en meer my duin bly in permanente skemer nog ‘n plaas word uitgeskakel geskrap nog ‘n produksie eenheid verwoes gelaat elke dag hoor ek van geweld en moord my duin bly in permanente rou […]

DIE DANS Die nag blaai deur haar klerekas vasgevang in die ruim van onvergankliheid – loer. Kyk weer; saggies-stadig speel ‘n glimlag met n amperse roekelose genoedoening om haar mond, flikvlooi in haar oe en glip wildsoet oor haar hele gelaat. Dan. Vinnig – opgewonde; soos n vrou wat gereedmaak vir die afspraak van n […]

lae wolke hang dragtig oor my duin in skemer oggend skuif stadig verby en gaan vorm miljoene yskristalle wat lê op hange van blou berge wat oor horison loer byna ondraaglike stilte heers voor wind die koue skep en roekeloos oor vlakte uitvlek soos kombers wat verkoues en nies bring ©Teárlach

Ek drink soos ‘n dipsomaan aan die woorde “‘gang”” se tonge te hang die dors wat nooit sal uitdroog die vuurlustigheid van my kors nooit uitblus of ter vergete rond wals ek in my denkwese ‘n Griek ‘n Spartan saam,saam die draak gaan slag in my ontnugtering my voete op die grond vind staan,staan saam […]

VADERLAND Stem vir volk en vaderland in hierdie dorstige land Rooi is ons boerebloed Groen is ons landgoed Suid-Afrika se minerale skitterblink soos diamantstrale ryk aan goud en silwer stawe word diep uit myne gegrawe Die Nasionale vlag wat wapper dag na dag Ons is lief vir ons eie land In kleure van groen en […]

op my duin is daar eenheid eenheid van gees oor vele dinge die natuur se prag en grootheid die uitspansel se oneindigheid mensdom se ongelowigheid ver oor die see broei daar wolke binne dae gaan daar weer reën kom alles het tyd en plek in Sy skepping Hy neem volle leierskap daarvan hoekom, mens is […]

HARTSPLAGIAAT Ongetem en stom skeur my oë in ‘n 2geveg dwarsdeur die onbevange swart van die nag. Ek kruip weg vir die lig van die maan en flikker-flonker van die sterre; soos ‘n mal kakkerlak in die donkerte van ‘n stofhoekie iewerster in ‘n deurmekaar koskas. Die rou wekroep van my hart stom gemuilband. Gevange […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed