Drome en ideale,
Ons drome en ideale. Wanneer ons op hierdie pad van enkelingskap bevind dan is ons geneig om oorweldig te voel oor die gebeure, die hartseer en al die finansiële probleme wat ons ondervind as enkellopende vrou. Dit is dan wat ons die belangrikste eienskap van ons menswees vergeet. Ons drome en ideale. Hierdie drome gee […]
En op die neënde dag het dit gereën
(goud) Sewe dae lank het winter haar asem opgehou maar op die agste dag (toe winde teen haar borswand beur) hou sy haar lippe in ’n tuit en blaas vir ure lank in rukke en in stote die laaste bries en lug daaruit. Grou wolke het sy uit die see gaan haal en hul soos […]
‘n Gumtree-verhaal
Agter ‘n ad op Gumtree (of enige smalls) lê daar soms iets groter as die vierkant sentimeter – die blok met die foto’s wat onpersoonlik niks meer wys as die produkte in die mark: soek iemand dringend geld, is alles dalk oorbodig, of is dit ‘n onthou wat bloot ondraaglik is? So kom daar ‘n […]
Hemelkrane (Brons)
Die hemelkrane is oopgedraai, en op silwerplaatjies speel reendruppels klavier vanaf blou na swart het die lig verkleur, met winters se sneeuende smeer.
Gediggie vir n Juffie 1
My boekwerk is nie naastensby genoeg om haar oorspronlikheid te ken nie: ‘n innoverende inkvol pen kan bordniks besonderhede deurswoeg, maar met lewenswekkende liefde lepelvol wil ek blydskap baar diep in haar hart se hol kol. In my vier-kanaal TV- lens weerspieel haar gesig so gedurig en aptytlik- haar liefdoenende hand se raakvat maak my […]
Afrikaans
Dit skroei in my ‘n diggenot en n ver vrysprekende verbeelding, om met swartpen op dor papier maatlose verskuns te skryf. Ja, skryf nie buite nie – binne binne die wondermag en woordtoor van my moedertaal: Afrikaans binne is beletter deur jongbloedletters, binne geskryf die kraakvars woorde. binne, Afrikaans se magspreukende brul, word die lesende […]
volheid
met adrenalien besprenkte gemoed werk mense daagliks tot vervelens toe op my duin het dit jare geneem om af te skaal hoë druk aktiwiteite maak mens afhanklik van gereelde inspuitings van adrenalien grys blou reënwolke sweef oor die see rustige maar goeie neerslag val op die baai in my gedagtes wonder ek hoekom meeste reën […]
Oyuki (Silwer)
Oyuki loop deur die sneeustorm, ys klou aan haar blou kimono. Die wit duisternis verberg die landskap, maar sy kan voel waar lewe probeer deurdring. Sy draai regs na waar hitte wil-wil sterker word. Sy waai haar hand en die sneeu verdwyn voor haar. ‘n Hout hut verskyn. Sy grinnik. Alhoewel die hutjies oor die […]
Blou Lig
Gloeilampe hang van elke boomtak, wat die donker bos verlig. Dit was absoluut pragtig. Die aand voel minder eensaam met die ligte daar. As ek nader kyk, kon ek sien dat die gloeilampe eintlik feetjies is. Nie soos Tinkerbell nie. Hulle was soos mense in vorm, maar suiwer wit met kobalt-oë. Witblou lig het van […]