Jongste aktiwiteit:

En op die neënde dag het dit gereën

(goud)

Sewe dae lank
het winter haar asem opgehou
maar op die agste dag
(toe winde teen haar borswand beur)
hou sy haar lippe in ’n tuit
en blaas vir ure lank
in rukke en in stote
die laaste bries en lug daaruit.

Grou wolke het sy uit die see gaan haal
en hul soos wilde perde
(sonder ruiter, sonder saal)
oor heel die Boland laat galop;
tóé eers was haar asem op.

En oplaas
in die stilte van my nanagdroom
lewend’ waters uit haar lyf laat stroom.

© Carma Shaw
29 Junie 2019
7:52




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed