Naggedagtes
Wat is trane dan, meer gevoel as blote water en is hunkering net ’n dieper soort verlang? Hoe is hartbreek seerder as ’n wond wat klop? Dalk is skeiding iets anders as ’n duisend myl; is vrees die uiterste van bang. Ek vrees verliese. Ek vrees dit, dat jy weg sal gaan. Is heen en […]
Net jy nou! Elke dag!
Net jy nou! Elke dag! ‘n Roos, vars in die lente tuin van die lewe is jy saam met jou, deel van jou, ewig, voel ek tog vry sonder jou, wesenlik,voel dit of my innerlike pynlik ly aan jou, liefste, moet ek, altyd my ewige liefde bely droog, naak, vaal, seer, soos die winter velde, […]
Sonnet vir my lentekind
Met winter se nadraai was jy hier; betyds om die somer te bring Jy’t die asveld vrolik met lente versier – my hart het van liefde gesing. Liefde wat diep geanker lê wat nimmernooit sal vergaan; meer as wat ek ooit wou hê, meer as wat ekself verstaan. Rondomtalie skoppelmaai lag ons speels die tyd […]
Reënboog inspirasie
met elke sonsopkoms blink hoop op die horison as moedeloosheid my vreugde steel musiek ewenaar die ritme van my hartklop ek verloor myself tussen die lirieke van my gunsteling songs waar die see se deinings speel skep my siel asem dis waar ek tuis kom langs die stilte van ‘n bosveldvuur onder ‘n stergevulde maanligaand […]
Lewensdans
tussen die skerwe van herinneringe verdwyn my kleindogtertjie ideale besmet deur gebroke stiltes het die leuens geskyn waar die waarheid oor my hartsbegeertes pirouette verloor die lewe so tikkie van sy glans elke keer as teleurstellings my laat gly maak ek dit deel van my lewensdans die kindwees in my breek vry dans vertel my […]
Foon gepleisterde mombakkies
ons gesiggies weerkaats soos spokies wit vanuit agter ons skerms te bang mens mis iets uit sit ek vasgemessel aan my foon plak tog net ‘n onsie op gesigblad om my perfekte lewe in ander se bakkies te vryf my oë trek skoon vierkantig oor maroela media se skindernuus van twee SAL vlugbeamptes wat hoog […]
bosnimf
waar stroompies water kabbelend tussen groen plante in klofies afspoel woon sy wat bosnimf is waar sonstrale skraal deur bewegende takke loer en haar oë laat blink daar is sy gelukkig waar loeries roep en hul maat antwoord weergalmende gesang daar sing sy vrolik waar berghaan se skaduwee oor alles verbygaan en vrees in kleiner […]
skemer oë
ver oor die see hang daar ‘n skildery geskilder in die mooiste herfskleure wat die oog vang my siel sweef oor die duine wat donker rooi verkleur binne sig maar gedemp verskyn haar gesig ernstig maar oop haar oë wakker en haar mond glimlag sag so verdwyn die dag uit my hart ©Teárlach
Oom Kiewiet en Ta’ Makkie se lanterfantery.
Oom Kiewiet was ‘n kraakvars teologie student toe hy Ta’ Makkie ontmoet het. (Toe was hulle natuurlik nog nie “Oom en Ta’” nie.) Hy was so vars dat hy nog ‘n Bybelversie opgesê het as hy sy toon stamp, in stede van vloek soos die res van ons. Sy was ‘n sekretaresse vir een of […]
Die wedloop van die lewe
So tussen al die sokker- , krieket- tennis- en rugby wêreldbyeenkomste deur, vind daar toe darem ook die Diamantliga-Atletiekbyeenkoms in plaas. Wat ‘n fees! Atletiek bly maar een van my gunstelingsportsoorte om te kyk. Die veld-atlete se konsentrasie, die manier waarop hulle hulself en sommer ook die toeskouers emosioneel voorberei en opsweep vir deelname, asook […]