Begraafplaas ruiter
Onder die mistige sekelmaan huil die ruiter op sy swart perd bedroeflik. Waar hy langs die graf alleen kniel kriewel iets onheilspellend teen sy ruggraat af. Hy vee sy trane met die agterkant van sy hand af en loer rond. Dis donkernag. Pik donker, maar ‘n beweging in die hoek van die begraafplaas laat sy […]
Dankie Pa…
Sweef nou in jou vryval, my asem so lank gestil, In inkvet swart gedruk, vasgevang tot ewigheid. Skreeu ek die woorde, wat ego vas wou pen! In die dig van my woorde, vloei my bloeiende stem. Jou opvoed was streng, jou woorde was kras. Soms het jy my siel met jou donker stem verniel… Onkunde […]
balade van jongeling
onder donker rookwolke spat daar vurige vlamme alles oorweldiggende mis rooksuile boodskapper is in ons huise sit ons vas voor selfoon en tv kas ver te gevaarlik buite bly maar uit die skuite onder veiligheidsligte skryf ons maar gedigte oor elke berig van dood mense lewe in ‘n sloot in ons harte wil ons lewe […]
Laslappies van geel
Elke kleur vertel jou ‘n storie want kleur kom nooit alleen nie wanneer jy kyk in die lug, of op die grond wonder ek opnuut waste kleur is die son? Vanwaar kom die geel wanneer hy opkom die rooi met sonsondergang en die silwer rantjies om donker wolke Sy laaste strale wat seesand verkleur tot […]
Koel van my oë
Koel is die sig wat weerkaats in my oë wat deurskynend vloei, kristalhelder met ‘n swympie kleur, deursigtig, kalm, vry! Vars is die lug van die hemele bo, waar die arend sy vryeval af-ets teen jou skakering mooi getooi. Rustig die klank wat my siel diep ervaar in die maanverligte nag, wat swart laat verdamp, […]
Vuurmonster van die nag
te lank die smaak van smaad wat ‘n agtergeblewe lewe in die mond laat saam word daar vannag gepraat 3 hurkende skaduwees hou beraad oor ‘n knetterende donker daad ‘n duister daad wat hard sal praat ruik en voel die blinde haat wat bars deur wonde se dun naat proe die haat van verraad haat […]
Parmantige Haan
Douvoordag kraai die haan saam met die son. Hy raas die hele werf wakker waar hy nog gaap-gaap onder die ou sinkdak skrop. Die voëltjies in die bome kwetter. Hy loer hulle deur ‘n poepoog en kraai nog ‘n keer. “Stilte, man, kan julle nie sien ‘n man is moeg nie,” kla hy. “Jy wil […]
Olyftakkie hoop
wanneer ek in onsekerheid se stormwaters dobber en moedeloosheidsgolwe om my slaan verdrink my hoop in die donker diep waters maar Vader anker my op Sy beloftes tussen Sy liefdestakke bloei my tuiste waar ek in Sy genade rus vind terwyl Hy my seën met olyftakkies vol hoop ©Jessica Venter 27/06/2019
stem te koop
daar is ‘n stem waarin almal belangstel almal wil dit so graag besit maar dit is nie te koop die stem van ware liefde liefde vanself so uniek geen aanbod of geld kan dit ewenaar nie net liefde vanself ©Teárlach