Rooigoud Skadu’s
as elke sonstraal my see liefkoos en met sy goudgeel glimlag besprinkel sproei jou soutasem kopergeel golfies oor my horison plooi jou deinings waar rooigoud skadu’s my hart omhels ©Jessica Venter 19/07/2019 • Foto erkenning – Geneem deur Linda McCleod naby Rottnest Island, Australia
Nuwe fase
toe die son oor die nuwe jaar opkom was dit ‘n jaar van baie laastes jou laaste laerskool jaar tot oorlopens toe vol met herinneringe besaai die voorreg om jou lig as leier te kon dra het ander gewys van Jesusliefde van jou laaste atletiek tot jou laaste lentesokkie en revue waar jy na hartelus […]
jacobsbaai
op die drempel van die see weg gesteek in ‘n hoekie lê daar ‘n pragtige baai met ‘n strandmeer wat getuig van ewige getye laag en hoog vorm dit ‘n boog van blou water golwe wat met wit kruine troon oor rotse wat die baai soom ©Teárlach
kleurspatsel bloeisels
Ek sien die spookasem geur van perske puntjies hulle koppies opdraai in volle blom. Voel die warm sang van nuwe vrug wat die somerson verwelkom. Fynvlerk bloeiknop balarinas baljaar in die wind Ek hoor die witvlek vlerkies van ‘n blommekind Ek ruik die roesbruin kleur van die ou kromhout Proe die heuning in kleure van […]
KUIERS BY MY OUMA OP UNIONDALE 2
Een vakansie is ek by my ouma op Uniondale toe iemand kom sê Dorothy is dood. “Wie is Dorothy?” vra ek, want van haar het ek nog nooit gehoor nie. My ouma sê dis haar niggie van Oos-Londen. Ek sê vir my ouma ek dink nie ek het haar al ooit ontmoet en my ouma […]
Your grace
let me rise up out of the ashes of my past ‘cause Your grace is more than my sin ©Jessica Venter 21/7/2019
Mooiste vrou
jy is geskape met ‘n sagtheid wat jou omvou uit God se Vaderhart Hy het oor jou gedroom lank voor jou geboorte om Sy liefde op aarde te verteenwoordig Geseënde Vroudag mooiste vrou onthou daar is niemand so uniek en spesiaal soos jy ©Jessica Venter 9/8/2019
Asemloos
onder die koelte van jou wingerdboom bot my vreugde, my geluk het jou gebede my siel oorstroom kan ek my toekomsdrome kom pluk op jou klam gras ontdek ek die roete na jou prieel waar ons lywe perfek inmekaar pas het jou liefde my hart geseël jou soet korrels prikkel my lieflik lyflik soos soet […]
Nastergal Wolfram en die 72 Maagde
“Dis nie dat jy lelik is nie, dis net dat… nee, ek kan tog nie so oopbek lieg nie. Dis oorlat jy so lelik is.” “Ons sit die ligte af en jy maak toe jou oë…” “Nee dankie.” “Wat van ‘n stukkie geel vet biltong?” * * * Soos dit mos maar op ‘n klein […]
Onverwagte besoeker
Martie stap in die donker kantoor in. Sy sien nie die ongenooide besoeker wat op haar stoel homself tuisgemaak het nie. Sonder om te kyk gaan sit sy maar spring met ‘n gil op. “Wie de hel!” gil sy toe sy omdraai. Haar gil stol in haar keel toe sy die lang man voor haar […]