Nagmaal van die sotte
As als kubertaal praat en “word” ons nie méér of die blêrie delete knoppie werk nie méér sal die vertroude pen nog die storie vertel, mense help mekaar mos nie mee die baas wil niks hoor van die sotte en die sotte nog minder van die baas los jou drome en werk werk en hou […]
My paradys
onder jou skaduwees rus ek my moeë gemoed en ek deel my stukkie brood met jou uit ‘n flessie van jou beste wyn les jy my sielsdors en skryf my hart sy gedig tussen die duine van jou lyf jy is my oase want jou woestyn is paradys vir my ©Jessica Venter 24/10/2019 Inspirasie vir […]
AANDAG ALLE INK LEDE & VRIENDE VAN AFRIKAANS- PRESTIGE GALA AAND 26 Oktober 2019
Hiermee wil die INK span u in kennis stel dat ons be-oog om ons 4de Prestige gala-aand aan te bied, waar daar weer toekennings vir elke kategorie toegeken sal word, op 26 Oktober 2019 om 18:30 by Farm Inn IN Pretoria Silwerlakestraat, Silverlakes Pretoria. Toekennings gaan oorhandig word as volg: (A) *Digter van die jaar […]
geslote privaat
vir baie wat om my duin loop sal dit lyk of dit geslote kan wees maar eintlik is dit meer iets soos privaat soos om jou vriende te kies, eerder as ooplaat oopmaak vir almal se kyk tot in jou siel vir die introvert is dit moeilikheid vir die geseënde ekstrovert ‘n alledaagse geflerrie so […]
Stormkind
Stormkind In my gemoed, hier diep binne, voel ek bang o Heer! Die storms, dit, slaan woes om my heen en weer Hoe nou! Waarheen, waar sal ek val hierdie keer Voor U aangesig buig ek, O!! Heer, keer op keer Refrein Met ‘n dankbare hart kom ek voor U Heer Ek buig in aanbidding […]
Daar is een Hemel
Die dag wat die boom brand toe die swartvoël sing oor sy voorvaders nes wie was die die witvoël met die rooi-swart-kringbek wat sy nes wou belet en die swartvoël wat dans vir sy nooi se swier se voete diep in die stof gemat om en om en om die boom se figuur wat brand […]
serigheid
wolke vervliet oor my duin sulke swaar vogdraende vagte van ver oor die suid see kom dit aan draai sikloniese sirkels tussen hier en daar soms bring dit reën – soms geen reën nie altyd ‘n besondere skouspel om te sien maal en draai terwyl wind skreeuend om hoeke en deur skrewe raas so is […]
Gebede en wense
Ek skryf vandag vir my pa ‘n brief, ‘n brief hemel toe. Hy bly nou op ‘n beter plek ver weg van die woeste aarde, ek skryf met ‘n hartseer hart. Liewe pa “Hoop dit gaan goed met jou, voel snaaks om die brief te skryf want dit was altyd so anders toe jy nog […]
Sonsak oomblikke
in die skadu’s van die Outeniqua het die son skaam in oker oor bergkranse gebloos terwyl wegkruipskadu’s pendule in apostelgelid onder die wind se penniefluitklanke van gisterdinge © Anzé Bezuidenhout https://www.litnet.co.za/sonsak-oomblikke/
Verwoesting
verkragting verwoes my depressie steel my oorwinning my v ∞ r ∞ y ∞ h ∞ e ∞ i ∞ d ∞ in ver- gif- nis ©Jessica Venter 21/10/2019