Laat lente-Spook(brons)
Dis die ouwinde oor helshoogte wat die herfsblare wegdra van ‘n ou-akkerhoutboom wat vir die koue nat wag en die druppel nag wat sag afsypel aan sydrade vol winter akkoorde van ‘n gewebte nagwagter in sy repertoire die oes van lente stil stil tingel rus om vir die oggend son die verhaal te tolk van […]
Uit die bloute
(goud) Teen die einde van die lente het die wind noordwes gedraai en donker wolke van die see af oor die Boland ingewaai. Die dag het vreemd en koud gevoel; die grond was klam van reën. En as Novembermaand ’n vrou was sou sy oor dié verlore sonskyndag ’n ballade uit kon ween. Want, hoe […]
Die motdood
Engele opgestop in ‘n katot op die kaai se suiderkant waar die lyke yl roep en die winde goël Die maagde ontbloot hul silhoeëtte op die skavot rum tingel ‘n ou vaal blues kitaar die kaptein met sy een-oog staar swets oor die donker abissaal Troe-ba-doe, Troe-ba-doe, Tra-la-la, Tra-la-la sing die kardoes luidkeels: “moré lê […]
Volmaakte eenvoud
In jou volmaakte eenvoud lê jou skoonheid vasgevang deur Meesterhand het Hy een enkel lower boompie in hierdie dorre aarde geplant speel die skadu en die lig van die rooi duin agter jou rug as die Namib son bedags jou brand die maan snags om die duin se kant skalks na jou loer as die […]
Laat-lente tuin
Laat lente het jy haar gevind Waar sy in jou tuin Van blom tot blom dwaal Soms ‘n bietjie langer stil staan Jy het na haar gegaan In bepeinsing oor waarna sy daar so staar Langs haar stil gaan staan In stille verwondering die prag aanskou Teer vat jy haar hand – spreek sy tot […]
Resensie: Die rolprent MONSIEUR LAZHAR
MONSIEUR LAZHAR, die film Op ‘n Donderdag gedurende die groot pouse hang ‘n onderwyseres haarself in haar klaskamer aan haar blou serp op. In die hoofstad van Quebec, Montreal (sê ,Mong-reál’ of,Mô-reaal’). Die elfjarige seuntjie wat melkdiens het, sien haar deur die glasvenster van die geslote deur en alarmeer dadelik die onderwysers, wat noodmaatreëls tref. […]
Gaan die kaap ‘n moordvlakte oorleef?
Die Kaap se vlakte is ‘n broei plek vir hartseer en pyn en die lyding vir die mense wat daar woon is vir meeste mense maar ‘n suur na smaak in hul mond. Maar dit is alhoewel ‘n kind van segregasie ‘n weggooi kind en die karakter van ‘n weggooi kind sal altyd maar in […]
MUSKIET
MUSKIET Jou wrede muskiet ek slaan en klap jou verniet jy wil jou angel diep in my skiet sing jy zoem-zoem in my ore ‘n lied bekruip my beddegoed ek moet dit vinnig verhoed ek moet natuurlik hiervoor boet muskiet suig so lekker aan my bloed in die donker op die stoep slaan en klap […]
Jou naam is Lente
Jou naam is Lente daar is lente in jou geur en in die roer van elke omdraai van jou lyf daar is lente in jou son en in die some van die lyne in jou vel daar is lente in jou lag en in die wieke van geheime in jou siel daar is lente in […]