verwagtings kurwe
met elke oggend stond met die geur van boere troos in sy droë mond sit hy op sy duin vol verwagting vir ‘n rustige dag met sagte deining wat rus skep kan sy verwagtings kurwe dalk verwesentlik word daar is egter altyd die wind om mee rekening te hou dit steek dalk vinnig op en […]
die houtbankie
naby die houtbankie in die park, dáár het jy vir my ‘n toorbos geplant en jou glimlag het die bome laat bot terwyl die wind uitbundig blare tart in die duiwe se kir is jou naam gespel en tussen die boomblare het die son soos blokkiesglas geflenter en stom na jou geroep jou kreukelhande het […]
Laat-lente se stof
my delila lippe lag fyn my voorkop is nat van bid, God en sweet en ek kyk weer in Sy oë; op na ‘n gewone wêreld wat niks weet nou jaag jou asem deur my are soos vroeg vanoggend toe die poue vêraf êê-êê met hul bont vere en deftige verwar my siel probeer die […]
DIE SPROKIE
DIE SPROKIE ‘n HeroBelofte aan die Beminde van My siel… Met roekelose genade en onverdunde liefhê sal Ek van jou ‘n regte-egte Sprokiesprinses maak. ‘Volg My My beminde….. ‘n Houtkruis tussen sterre. Op ‘n (My) witperd onder die melkweg.’ My spierewit, forse Arabierse reisiesperd. Vir ewig. En vir altyd se ewig sal Ek daai grooteina […]
Frozen
even though life tried to cheat me laughing at me out of the corners of my broken soul nothing could steal this perfect moment on the day you were born as your rosy cheeks rest on my chest my fingers caressing your velvet soft skin as my lips brush against your beautiful face nestling close […]
Laat lente (brons)
Ek het myself geblik in jou laat opsluk jou fynbos en dwarrelwind verstik sonder A.Vogel met ‘n snotdoek agterstevoor aan die onderkant van ‘n donderwolk verloor maar jy wou van niks weet jy wou aanhou-aan kou en my in jou blommelyf versteen en sonnebrilletjies vir jou lente verruil die hooi is jou koorsige woorde onder […]
Genadegroei
daar is niks so lekker soos kuiers langs die bosveld vuur terwyl die bosveld se Afrikaritme sy melodie speel maar my hartklop ewenaar die deinings van die see waar ek vry kan asemhaal dis in die natuur waar ek my Hemelse Pa se grootheid so sterk ervaar in elke seisoen sien ek hoe Sy hand […]
duister in dag
oor die buig van die see rollende trolle van mis baljaar laat bote vergis sweef uit donker gedwee sonop word dig verduister die horing draal kortweg waarsku bote na omweg om te sien moet jy luister alles omgelwende gordyn selfs sy hoes raak sagter verdoof siek man se pyn ©Teárlach
filibuster
soos die skemer daal oor sy vuurwarm duin vanaand strek rooi-geel vlamme in wolke uit dit verf die hemelblou lug in oranje kleure wat saggies verdwyn met die stygende nag soos sy plek op die duin gereeld ‘n struikelblok vir baie digters kan wees, so word hul filibuster telkens ignoreer omdat daar ook grense is […]
laat-lente droom
“Brons” laat-lente droom in sagte aandskemering neurie die melodieë van nuwe seisoene op die horison wink louter vreugde van laat-lente sonskyngeel vir my agter my voetspoor die herinneringe van vervloë wintersdrome: nou verby die deuntjie draal eensaam stil my ‘onthou’ gesnoer in kroonjuwele blye ontwaking: diamant in druppels dou lente glimlag sag as sy sonskyn […]