Jongste aktiwiteit:

2019(Bladsy 152)

Verwarring die liggaam huisves verwarring in digbevolkte denke lê ‘n soeke na w a a r h e i d emosies versluier sielerus verwaarloos harte vol wilde begeertes op ‘n soektog om die siel te voed die liefde te ontsyfer op ‘n soektog selfs binne die blaaie van ‘n boek Tia©️

deur
vir Gedigte

op my duin trek son lewe uit sand gee, gee, gee, voel ek aan lewe trek net meer en meer elke dag se seëninge ontvang weer gegee met dankbaarheid mag daar nog baie gee oor wees wat is meer aangenaam as gee miskien die ontvang daarvan weet hoe om te ontvang anders sal jy nie […]

kranse klowe spelonke sterk wind geluide swewende voëls groen water some helder wit watervalle donker koelteboom stiltes berge wink blou van baie ver verander in kleur en geur wanneer jy hulle nader skadu van inheemse bosse met varings rank toue vanself hou klamme rus vas vir bewoners wat dit waag om daar te vertoef ©Teárlach

Hopie sand asemteugkorrels afgemeet, opgeteken, gepunt – nie ʼn enkel korrel meer, nie ʼn enkel korrel minder eerste skree deur baarmoederbloed eerste korrel tregter drakonies – korrel per asemteug, heilige verbond beseël, geen verdere addendum bliksemstraal, donderweer … vloedwater verkwisting en lamenteer, jeremieer … sondige verbeuselling Veinsaard joel, verlok verlore kind onafgebroke kom, verknoei sandkorrels […]

Jou oë wat skitter is net lig wat weerkaats van die trane wat diep in jou siel oor ‘n stukkende hart spoel en skuil agter maskers wat vrolik kan glimlag om dié wat net kyk en nie sien nie te flous en te paai as die lig voor die skaduwee wyk en die donker jou […]

Onbepland die wêreld in reeds verstoot by eerste lig: lelike grys eendjie. jou eerste enetjie. So word Kinderilla groot bewe haar onderlippie, as sy smekend vra: “Moenie loop, seblief, Pappie.” Druppeltraan oor haar wang, klink haar kleuterlied elke aand. Kinderilla se mammie en pappie en familie skaterlag en kuier saam; Neefs en niggies jaag en […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed