My Mei
(goud) toe wingerdstok so roesrooiblaar, toe klipkranse ’n volmaan baar, toe heel die lug skarlakenvuur in lofsang aan die skemeruur het herfs se wind, so allerstil haar asem oor my wang gewil; toe effe koud haar gang gegaan my (eenling) langs ’n berg laat staan © Carma Shaw
kluts (kwyt)
) effens gejaagde asem teue staan stadig op uit die sit hou vas aan iets se rug staan en wag op kluts om weer terug te kom word gewoond man ouderdom het sy nadele en stryd rukkende hande bewerige bene lighoofdige wakker word alles deel daarvan ©Teárlach
Kosbaarste Veldblom
jou lewensduur blom soos veldblomme en welig soos gras maar tog is ons net stof wat weg waai met die wind en skielik is jou plekkie leeg Jesus het Sy kosbaarste veldblom in die hemel h – e – r – p – l – a – n – t ©Jessica Venter – 20/1/2020 • […]
Digters wat belangstel: KREATIO Digkompetisie 2020 – Sluitingsdatum 31 Maart 2020
LET ASB OP: INK Skryf in Afrikaans adverteer net die kompetisie en is verder op geen manier betrokke by die beoordeling/terugvoer en/of enige ander manier nie. Neem deel aan Kreatio se 2020-poësiekompetisie! Voltooi die onderstaande vorm om in te skryf. Elke digter mag drie gedigte inskryf (een gedig per onderwerp). Lees die kompetisiereëls en meer […]
murgbene
ver in die verlede lê daar hope bene sulke pypie-bene waarvan die murg reeds uitgekook of gesuig was goeie ou dae van murg bene destyds se kos was onverdun die heel armes het ook gekry nooit was daar ‘n honger mond wat doelbewus oorgeslaan was deesdae se murg bene is sleg afgewater en geneties verswak […]
Die lampman is dood
(Goud) hy wat in stilte sy werk verrig terwyl niemand daarvan weet nie, hy wat die lampe moet aansteek, die paraffienlampe moet laat brand kyk hoe stil lê sy hand langs sy roerlose liggaam op die klippe en die sand hy wat die lig moes bring, wat die lampe vir ons voete op ons paaie […]
hierdie jaar
toeka se dae het hul gesê daar is hoeka tyd vir alles gehad tyd was nooit ‘n probleem vandag se hoeka en toeka het geheel vergaan in warboel van asem teue en adrenalien stote oor die berge met wa en osse deur riviere en verby olifante deur linies van barbare en roofdiere het hul gekom […]
glinster
saans op my duin glinster sterretjies miljoene der miljoene wie sal dit ooit kan tel terug op my duin voel ek maar klein oneindig klein kleiner as die fynste korrel sand op my duin waarop ek sit al sweef ek hoog bo die see bly my bewegings maar klein tog weet my Skepper hoeveel hare […]
Labirint
Brons My lief, aan die weskus loop die snoek in donker figure, het winter weer gebeur. Soos daardie dag is die see onderstebo, onthou jy nog? Onderstebo, met wolke soos bokkoms geryg aan ‘n grou hemel waaruit vonke waai. Jou oë se sagte kniel het ons liefde gehou maar in die trap en steier van […]