seer
. seer sekerlik waai die wind vandag gister was dit ook so, en môre weer maar dit is soos die lewe wat ek leef elke dag het sy verwagte winde daarmee saam kom die reën al is dit buite seisoen maar dit bring seën gister se trane teen vandag se reën maak môre oop in […]
KRONKELPAD
Haar lyf is sy kronkelpad; ’n reis oor ronde kurwes, gladde rante en heuwels. Vyf perde galop op die kruin van ’n knopperige berg. ’n Veer se kielie in haar nek – tot sy palm streelsag afdraand gly en prikkelend glip oor twee sandduine. ’n Liefkoos-oomblik toe hy ferm teen die wal afbeweeg, haar voete […]
Meteoriet
Eens het my hart aan jou behoort dog stadig maar seker opgekerf sny jou tong gewetenloos meteoriet pyle deurdrenk is my siel met klapperende gedruis soos water wat kabbel oor klippies oorvleuel jou meteoriet woorde my binneste geruisloos wanneer meteoriet lawa van jou vuurspuwende berg soos ‘n grou kombers oor my vou en elke stukkie […]
Jou Verstaan
as ek woorde gehad het om jou te beskryf het ek dit gister al gedoen maar woorde lê ver wanneer jy die verstaan van my hart in jou gedagtes vorm deur jou kyk weet ek daardie twee oë spreek boekdele van elke bladsy in my hart dan vorm ek letters en skommel dit want woorde […]
Die aandlied roep
saggies neurie sy ‘n lied die onthou van gisters so vars wanneer sy tuur deur die venster oor die plaas heen soete gedagtes onthou sy hope van grondboontjie lande koringare so deur vingers geglip waar die stroom water eens was lê nou net n droë paadjie geroes staan hy daar by die dam die ou […]
opgehewe
. vroeg op strand sien al die mooi eerste alles wat uitspoel lê daar om te sien of aan te raak oral lê daar opgehewe bultjies gekraakte sand spoortjies . my duin is ‘n leerskool lewens waarhede by die see drome het my tot hier gebring waar gedagtes in woorde val verskyn lewens oomblikke op […]
inkennig
. op my duin sit ‘n ou man lewenslank verskeur tussen inkennigheid en uitsprakigheid introvert gebore – ekstrovert aangeleer om opleiding te kan gee aan ander . om inkennigheid te oorwin neem baie energie van ‘n mens om dieselfde werk te kan doen is veel makliker vir ekstrovert woorde glip oor sy lippe soos water […]
omte
. in die omte van my duin lewe daar vele seediertjies krappe, spinnekoppe en skerpioene nou wat het hul met seediere te doen om by die strand te kom moet jy oor hulle verby hulle en soms voor hulle uit loop die omte van my duin het ook ander lewendige ornamente soos mense wat op […]
Flenter-skrefies
Ek wag vir ons sorgvrye liefdeswyn ‘n titseltjie romanse vir ‘n rukkie se samesyn en wanneer ek jou weer sien sal ek veer-en-teer al jou vrae versteen Jou gedagtegang verstil elke stukkie pyn met ‘n soen verseël vir liefde en geluk wat nooit weer kan misluk Want partykeer voel ek soms so verskriklik alleen sonder […]