Die kersboom van my hart
“Dolverlief,” het my ma gesê toe ons saam onder die sterre lê … die knusheid van ons samesyn broei herinnering in my gemoed van soel somersdae se luilekker ontspan op die stoep oor jare het ons vermeerder ‘n kroos van drie plus sewe vrolike familiekuiers om die kerstafel met kinderlag besprinkel ons lewe vir niks […]
Piekniek onder die ou peerboom (Akrostigon) Silwer
Saterdae is kuierdae Almal kom van ver Mandjies vol lekkerte En ‘n pienk laslapkombers Sprei uit onder die ou peerboom Yskoue koeldrank en braaivleisvure Naweek familie plesier
Oupa pa en die denneboom Silwer (699 woorde)
Vir die wat my nie ken nie, ek het ‘n groot fobie. Daardie vet boepens mannetjie met die rooi jas en die paashaas. Nee, nie ‘n fobie nie, ‘n renons. Elke haartjie in my nek vlieg penorent wanneer daardie twee dit in my rigting waag. “Wyk satan, terug warmplek toe met jou.” Ek besweer hulle […]
Uittreksel uit Juweel van die Oosgrens
Kaalgestroop. “Celeste, jy is uiteindelik hier!” roep Fleur opgewonde uit, haar Franse aksent nog net so duidelik. Haar niggie se opgewondenheid is ʼn lafenis vir die somberheid wat vir lank Celeste se metgesel was. Selfs die stof doen ʼn rieldans om haar voete om by te hou met haar vrolikheid. Afstand en omstandighede is die […]
kale manewales
. na sterk winde laasnag lê baie skulpe en wortels oop my duin se gesig skoon verward waar ek sit of sweef is dit vreemd wat gister was, is vandag anders so ontbloot veranderinge mense met die besef van groot word kry mense die gevoel om ten toon te stel dames wil bates uitstal en […]
aanvaar
. gelate sit hulle op duine luister na winde wat verander elke dag is anders, meer om te aanvaar meer om net sonder teenstand te absorbeer dit maak mense wat met kop in die sand die weer wat oor hul waai ignoreer alles word aanvaar in blinde oorgawe aan die bose ontsag vir die keiser […]