Passieblomgedig- Silwer
Lunar Trifecta Ons is nou in die verliefraakstaduim as ons mekaar sien is daar ‘n onrustige ronddraai in die kasse van ons oë en trek ons wit skene bloedrooi Dus wil ek met veelkleurige blomkwassies haar skilder in sierlike geheel waar sy op ‘n grasgroen blommeperk sit voor populiere helder geel maar sy vermy die […]
Ek is lief vir jou – Silwer
Dit staan my die vorste seun nog lewendig voor dat ek jou my liefling met die sluik haardos ore wat lyk soos skulpies plat winkbroue oë wat vlam soos ‘n lopende vuur kuiltjies in jou rooi wange lippies wat nooit skoensole maak sagte onbesoedelde hande en kromme aan jou mollige lyf regtig gaan verloor maar […]
heimwee
– die berge blomme bome van die groen-blou berge skemer deur die misgordyn van my druppels geheue – hangende tuine van groen trosse blou en geel blomme wat skitterend blink oral oor oë van my onthou – wees waar jy wil wees word jy wees omdat jy wil vergeet sal jy nooit die berge die […]
mens en barbaar
rustige deinende see begroet my vanoggend dit sou gereën het die voorspelling nie akkuraat op die oppervlakte lê die see spieëlglad onder is daar beweging wat van ver af ego wind of bewing oppervlakkig is mense soms eerder barbare-dom glad met die bekkigheid onder skuil moord en vernielsug vreedsame velde met mensbloed gedoop half geslagte […]
Huistoe
‘n olyfboom staan wild teen die voet van Kasteelberg aronskelke blom nie meer hier nie die blou lug hang in dik wit wolke aan die hemelruim se wange ek kyk oor die vallei Hadida’s steel die stiltes mense kom en gaan woelig party bly te lank ander slaap net oor en soms sterf iemand hier […]
Flentervrou
Sy sit op die sypaadjie voor Pick & Pay haar skoene flenters haar klere maande laas gewas sy vra vir brood toe ek verbystap haar oë is leeg en ek wonder hoe leef mens só met niks in die afwesigheid van alles tussen dorpsvoëltjies en ander legends op ‘n plek waar niemand jou raaksien nie. […]
Dans
In ‘n ou huis, met hout vloere, is die klank van voetstappe niks vreemd. Om te waarheid te sê, jy kan nie ‘n tree gee sonder dat die hele huis jou hoor nie. Dit is dus glad nie eienaardig toe die stilte gebreek word deur die geluid van trippelende voetstappe, vanaf die tweede verdieping, bo […]
jou eez en jou arr
met al die skoonheid met perfekte gelaatskleur byna perfekte bors lyne pragtigste houding so mooi soos kan wees sou jy dan net sommige daarvan op ‘n keer adverteer net dit wat wellus kan skep ongemaklike reaksie maak alles nie wat jy is nie laat hulle eerder wonder en visualiseer wat jy is wie jy is, […]
Winter 2004 Vir Chris. SILWER
As die laaste roosblaar saam met die kluitklip op die kis val en ons snikgebed in afskeidsgroet die winterwind omhels, sweef my siel met jou in soet herrinnering mee. Kindwees dae, soetperskes, appel en turksvy, in die laning met die blourëenblom… ons voetspore, net ek en jy. Elke plofgeluid: die harde werklikheid, die naelstring van […]
stilstuipe
– duister is die nag wat sonder Sy gesag die nuwe dag nader – bitter is die dag wat sonder Sy gesag skemer aand nader – duine sonder kind blaas golwe in die wind na oorde onbekend – gedagtes sonder siel maak verstand imbesiel kermende lugleegte – digter sonder woorde skryf net leë akkoorde ego […]