Ek Sien die seer
Ek sien die seer Wat deur jou oë praat Agter daai glimlag Diep weg gesteek. Ek hoor die pyn Agter die grappies Wat breek in jou stem As jy praat. Ek voel jou trane Wat vloei oor jou hart Waar niemand kan Sien Deur die venter van jou siel. Ek ruik die angs Waarmee jy […]
Ons moes nie met Ta’ Anna gaan praat het nie
Ek het grootgeword in ‘n klein dorpie in die Noord-Kaap. Postmasburg. Jy’t waarskynlik al van die plek gehoor, maar gaan waarskynlik nie op ‘n kaart kan wys waar die dorpie is nie. Dis maar net nog ‘n dorpie in die middel van niks en nêrens, met ‘n kerk en vyf drankwinkels. Een van daai dorpies […]
Saam met jou
Saam met jou kan ek maar my vuil voete op die bank sit of ek kan styf teen jou sit en my kop op jou bors rus todat ek aan die slaap raak. Saam met jou kan ek my vingers aflek terwyl ek gesmelte roomys op ‘n warm dag eet. Saam met jou kan ek […]
Soms
Soms wil ek ook breek soos ‘n brander oor ‘n bonkige rots om in duisend stukkies te spat vloed oor ‘n oop strand terug eb in patrone oor sand en skulpe om weer heel te raak. © Julie 2021 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Half Lewend
Uitgespoel staan ek kaalvoet op ‘n oop strand voor my breek branders binne splinter my siel agter lê ‘n land in skerwe ek voel anders noudat ek weet lewe en dood is sekondes weg van mekaar en liefde is maar net ‘n geloof ek tel ‘n klippie op en gooi dit in die see tel […]
Dankie Here
Here, ek wil net graag vir U dankie sê vir al die spesiale mense in my lewe die mense wat altyd daar is om my by te staan deur al die goeie en slegte tye waardeur ek gaan. Dankie dat hulle altyd daar is om na my te luister as ek alleen sit in die […]
Visserman
daar staan hy in sy vissersman gewaad, in sy heimwee dink hy terug aan eens ons geskiedenis en praat met homself was ek maar iets anders maar nou is ek ‘n visserman swoeg en sweet ek vir my gesin maar die hele wereld lê onderstebo hier staan ek by my skuitjie en my verlange tuur […]
Die storie van Bonginkosi Khumalo
Dit is die jaar 2061. Dis Juliemaand. Bongi Khumalo sit op ‘n lendelam stoel in die son voor sy ma se huis. Die blomme van haar begrafnis is verlep en haar foto is tussen twee bakstene gemaakstaan op die kombuistafel. Hy leun op sy kierie en ‘n traan uit sy siende linkeroog drup met ‘n […]