‘n Ode aan my Pa van ‘n Pa
‘n Ode aan ‘n Pa van ‘n Pa Ek is trots om te kan sê ek is my pa se seun. Op sy onvoorwaardelike liefde kon ek altyd op steun. My ou Toppie se liefde en trots was soos sy hart, eg en reg. Seer is dit diep in my hart, ek kan dit nie […]
Blaarverlorenes
Blaarverlorenes ‘n blaar het ge- val soos Boerneef se bergansveer by Woeperdal maar ek ek’t die blaar op- ge- tel tussenin ons klaar geleesde blaaie hartsdieprooi g e p a r s waar dit plek-plek bloedbevlek met vuurtong brandkeel letters vlamrooi stemverdroog ek wou jou daar wegsteek, vergeet maar ‘n traan het g e v […]
Steen in die Bos
mure in vele teksture veilig op fondasies ongesien klou bakstene styf vas in vierkantige veiligheid neste al toegang gate geslote gate dam warm klanke, vars geure en visioene deur gapings dring koue geluide, vrot reuke en vrese sagte gesels binne mure ń knus warm kombers alleen gedagtes klipharde bakstene opsoek na mure
As ek van jou droom(silwer)
tussen stil stiltes van ‘n vallende blaar en ragfyn nagte smag ek na jou asem- verleiend kom hul stemme saam wind gelei en my oë gryp die alleenheid van skadu’s wat in die ragfyn nag terugkeer soos kluisenaarskrappe, na ‘n onbestaan en verstarde onwetes van enkele seilbote (wat terugkeer) oor ‘n dooie see ©Morné du […]
Immergroen Fatsoen
IMMERGROEN FATSOEN In die kringloop van droë seisoen na seisoen wil herfs homself weereens met winter versoen hy skud sy bruin jas leeg drapeer met uitgedroogte blare wat aan hom vaskleef een vir een val dorheid na die grond eens gevul met chlorofil nou ‘n vervalle bont soos met vlamkwaste ingekleur lê ‘n silwerskoon skilderdoek […]
Herfs beloftes Silwer
Blare dartel soos uitgelate kinders aan die soom van die westewind – volkleur vlinders in ‘n maalkolk vasgevang, roesbruinprisma dwarrel, spiraaltuimel na benede; dit is herfs – en in die knypwindjie sluimer ‘n melodie van somerbeloftes in skaamrooi laggies wanneer die blare tuimelval
Die groen oorlog
“Now I am become Death, the destroyer of worlds.” – Bhagavad Gita Hulle is al beskryf as parasiete. Hulle is nie. Parasiete is suksesvol want hulle maak nie die gasheer dood nie. Hulle word deel van die gasheer; laat die gasheer alles doen om die parasiet aan die lewe te hou en te help reproduseer. […]