Oktober kraai beslis nie koning nie (Silwer)
Ek het nog altyd geglo die mensdom is na-apers. Tropdiere met ‘n voorloopskaap. Dit is ook al oor en oor bewys. Kyk nou maar hoe maklik hang almal “slim sêgoed” aan. Iemand raak byvoorbeeld op ‘n dag digterlik en raak iets kwyt soos “Oktober, die mooiste, mooiste maand,” en dit kos net een oplettende digliefhebber […]
Gun ons die hier en nou (Silwer)
Die jaar is vinnig besig om onder ons uit te gly. Terwyl ons nog die mooi en vrolikheid van Oktober, met al sy blommeprag, geniet, blink oral in winkelsentrums reeds tinsel en Kersfeesklokkies. Word geskenke oordadig uitgestal om jou daaraan te herinner dat jy finansieel sal moet sak skud, want die seisoen van gee en […]
groot groter begroot
– hoe ouer mens word hoe kleiner lyk dinge uit die verre verlede – hoe langer mens lewe hoe groter die behoeftes hoe kleiner lyk pensioen – eers word mens langer dan word jy net breër uiteindelik krimp jy weer – as jy vir groot begroot het weet dit gaan te min wees gaan vir […]
‘n Somersdag deur ‘n kantgordyn
daar was ‘n sagtheid daai dag- amper so ‘n reinassance gevoel karma posisie no 67 sweet op sweet het ons lywe mekaar geheet blare wat in die strate buite joel die aarbei geur van jou lippe asemdiep in die klopstamp van my hart oomblike vlieg verby met die klapwiek van tydlose vlerke op ‘n kerk […]
Oktobergees(silwer)
Onder ‘n spieëlbloumaan kan ons ooit vergaan tot die oneindige dilemmas ons wêreld verwoes in ‘n roetroooi vulkaan, betwyfel ons steeds elke oerknal deeltjie wat- roekeloos roep. ©Morné du Preez
ken jy ou der dom
– een steun en een been o my knie een trap een sug nog ‘n trap nog een sug nog een steun op ander been nou eers bietjie gaan sit en rus ek verdien dit op pensioen met een steun en een sug gaan ek sit – ©Teãrlach
Ek wens vir jou
Ek wens vir jou ‘n sonskyn dag sonder probleme wat op jou wag. Ek wens vir jou wit wolke in die hemel blou en familie en vriende wat jou in liefde toevou. Ek wens vir jou kalmte en vrede in jou hart en dat God jou sal help met elke tree wat jy stap. Ek […]
Oktober trane Silwer
Onder die treurwilger bloei ’n roos Kromsteel opgedraai na die son Tranespikkels Oggenddou Blink soos diamant Elke roosblaar Roesrooi druppelnat
Windpomp Lewe
Vas geanker op pilare platvorm vir kop en stert twaalf voet rotor ses voet stert roerende ratkas helder water Waar lê jou anker mensekind het jy ‘n platvorm vir kop en stert nie eers ses voet lank en sonder stert dansende juigende mens van selfvermaak Rotor en lem beur, wind gedrewe rammelende ratte suig koper […]