Wêreld in Rooi
Rooi mooiste mooi Rooidag breek in die ooste Rooikop fisant skaterlag Rooivink verkondig nuwe dag Rooi gekelkte angeliere Rooi rose vir ware liefde Rooi vleilelie beter geklee as Salomo Rooiborsduif vir die digter Rooi beeste op wye vlakte Rooigras plate, vol in die saad Rooigrond laat mielies bewe Rooi trekker draai die sooie Rooi granaat […]
Nuwe seisoen
In die verlede was dit beslis die mooiste maand, maar die afgelope 2 jaar kan ek nie daarmee saamstem nie. In Suid-Afrika en ander dele van die wereld is baie mense oorlede, talle ernstig siek. Hospitale is oorvol, en begrafnisse het toegeneem. Besighede sukkel met die ekonomie wat verswak het. Menigte is deur die covid […]
hernude geloof
sonder die bril van Covid ervaar jy weer kleur as jy bid proe jy die sonskyn; verstaan die storm se lyn kreukels van inperking rafel aan vriendekring torring aan vertroue wat verbrokkel in aanskoue snotneus spat soutbranders is dit net ek … of ook iemand anders? paniekerig in waterwals kleingeloof skink net wilde als stikkend […]
Kaal werf
Overberg se boer wag Kwynend vir die ryptyd van sy arbeid Tog staan mielies steeds yl Oestyd baie skraal Brak tot in die wortelstok En verskroeid na bowe Rig hy nou sy gebed na God. (Silwer)
Die Dag van die Dooies
(997 woorde) Vir die deursnee Westerling is die Mexikaanse tradisie, Die Dag van die Dooies, ofte wel, The Day of the Dead, niks anders as bisar en selfs grillerig nie. Tog is dit in dieselfde oomblik is dit ook bewonderenswaardig omdat hulle sonder skaamte die herinneringe van hul afgestorwenes lewendig hou. Anders as die Westerling […]
KROON JUWELE
Wolke kom donderend nader blits na blits tref die aarde maak grom geluide Pêrel druppels tref die lande grond en water verweef Ploeg en skaar draai die sooie Diamante kom na bowe die reuk van grond maak jou lus vir saai plant en grond verweef Saailinge gerig soos soldate word Smarag see van groen blare […]
Dans van die seisoene (Silwer)
Op die maat van die seisoene se sleepvoetwals Kom September en Oktober se bloeisel-ballerinas Tippie-toon tevoorskyn Om die baan te open vir Blomme en vrugte in die lente Ellelange snikheet somersdae Roes en goud vir herfs se oumensjas Matelose winterkou’ om te ledig tot die droesem Alte wonderlik is die herhaling Aljander aljander so jaar […]
Bergrivier
Oë wat strak na berge kyk deinserig lê hulle op die horison vra ek weer soos die Psalmdigter waar kom my hulp vandaan Uit die berge spring gedagtes soos fonteine helder water wat saamvloei in bergstrome om al die weë van die mens se vergangklikheid weer bymekaar te bring Die stroom van lewe gee vir […]
Dans van die seisoene (Silwer)
Op maat van die seisoene se sleepvoet-wals Kom Oktober se bloeiselballerinas Tippie-toon tevoorskyn Om die baan te open vir Blomme en vrugte vir die lente Ellelange snikheet somersdae Roes en goud vir herfs se oumensjas Matelose winterkou’ om te ledig tot die droesem Alte wonderlik is die ritmiese herhaling Aljander aljander so jaar vir jaar […]
oktobervreugde (Silwer)
om van vreugde oor die mooiste maand kaalbas te sing en dans tollend in die reën – sonder ‘n sambreel – onbesorg en vry behoort nie ‘n skande -of ‘n sonde – te wees nie eerder ‘n viering van mens én natuur: rou, eerlik, mooi