‘n Fleurige oktober
Soos ‘n bruid straal – in die son met oë vol nuwe drome dans sy in groot druppels reën streel in die holte van haar hart wip-spring ‘n kleurvolle verhaal
boerseun
– vredig sit hy op die stoep die spelerige windjie draai sy kromsteelpyp se rokie in krullende varkstertjie – sy gedagtes gaan draai ver anderkant die blouste berg waar onthou lank gelede vir ervaring ontmoet het – geen outomaat pla hom nie van ghoegul weet hy mos niks maar die lewe ken hy terdeë deur […]
Stad van Redding
Daar verskyn ‘n nuwe Ster gaan staan oor ‘n krip in Betlehem Hier word Die Koning gebore in die krip neergelê in Betlehem Goud , Wierook en Mirre voor Sy voete gelê in Betlehem Rampspoedig ,gekners en geween van moederharte wat kinders verloor in Betlehem In Nasaret leer Hy spykers slaan as timmerman , water […]
Vryheids Dag
Dag van Ware vryheid op donkie na die stad gedaag voor Joodse raad veroordeel deur verraad Gegèsel tot byna vermink doring kroon ingedruk asyn virdors moet drink onskuldig verdink Voet en Hand deurboor aarde oopgeskeur voorhangsel middeldeur duisternis op middaguur Spies verklaar siel verlore HY is God’s verlate kruishout gestorwe sodate vedeel Sy klere Nuwe […]
droomland
– hul harte verlang gevries op beeld van droomland gelofte land – hul harte veg teen verandering teen hulself en kode verlore in self-stryd – hul sal eerder vlug as veg vir vryheid terug na bevange tyd najaag van idilliese – hul is lank nie meer trotse volk van gelowiges wie se vuis ‘n bars […]
wat weet die dood van woorde
skryf oor jou lippe wat weet die dood van woorde soos jou stilstaan bewegings asemhaal in jou asemlose wese en jou drome nog van papiervliegtuie droom wat weet dooie woorde en skynbare waarhede jou nog soek skryf oor jou lippe woorde gaan dood woorde word gebore dooieleefbarewoorde leefdooiewoorde uit stiltesgebore oor al gisters drome ©Morné […]
Maand van nuut begin (Silwer)
Oor velde heen Klink voëlgesang vrolik en luid Tree blombestuiwers aan vir diens, gereed Om nuwe vrug te laat ontluik Buig natuur afwagtend en Eerbiedig, met vars oortuiging Reikhalsend na somer se ontwaak Met eerste reën ontplof Aarde in ‘n kleurpalet Asof lank reeds verwag Na winter se koue striem Dat nuwe lewe weer ontkiem […]
Ingelegde Sterre
in my drome swem gedagtes rond ver in die hemelruim verby reik ek uit na die sterre en vang hulle een vir een op die melkweg langs waar jou hande my omvou tussen wolke sweef ons heen soos ingelegde sterre gebotteld ons oë vasgevang flikkerend glimlag ons breed vir mekaar die soetsmaak van liefde opgetower […]
Oupa se Wandelstaf
enig in verskillende soorte kry jy dit by die markte vir jou om jou mee te stut wie kon nou raai dat die ouderdom jou so sal jaag te kies en te keur staan hul daar in die hoek reg vir elke dag se gebruik mag jy my wandelstaf wees die dag as ek jou […]