Soldaat
Die wind waai noord gedryf en opgelei vir volk en vaderland , jy ken van reguit lyne en lyne reguit maak Seksie word peleton , peletonne saam maak ‘n bateljon gedrewe en trots gerig in reguit lyne reg om die wêreld te skuif Korporaal ook nog maar kind lei ander kinders aan hulle neuse rond […]
Genade In Oktober
Ongekende genade ontvang Kom dag van redding in my lewe Toegevou In God se genade Op kruishout gehang By graf uitgegaan opgestane Heer Eer aan God In die Hemel Reddende Bloed van die kruis
sielsvreugde
ons is leeg krom onder die stilte en tog blaas die laaste lentegeure oor ons afgeslotenheid en beeldkleur eensaamheid na ryk sielsvreugde
Covid Kring
Onbekend en vêr toe spring jy uit die labratoruim uit saai verwoesting op die planeet Gesiglose wêreld agter masker en grendelstaat isolasie en drankverbod kon jou nie stop Jou kring word wyer en die golwe word meer eers was jy vêr net ‘n getal op ‘n wêreldkaart Maar nou is jy in ons midde die […]
16 de in Oktober
Oor die vlaktes kom ‘n gillende horde Kanonne gelaai,voorlaaier lê aan Trek die waens toe met doringtakke Omsingel in die laer , Gelofte afgelê Bloedbelope afrika rivier Eer die Vader , oorwinning by Bloedrivier Ruiter jaag agterna ,Nasie hou jou belofte aan God @Lenel
OkMooi
Orante of leeubekkies kry skalkse kyke terwyl hulle huppel in die wind. oor Oktober hulle blomme laat bloei en hulle reuk laat rol oor heuwels heen.
Rykdom
Orals kyk jy blomme, van tjienkerientjee tot orgidee en oumakappie. By rivier en vlei en êrens, selfs in die barre Karoo, reg tot verby Kamdeboo.
Oktober
Ope helder tuin Kleurvol met varsgeur blomme Tier geurig en vrolik Ontvou vinjettig uit hul heuningpotjie Bloeisel vir bloeisel Elkeen ‘n lus vir alle oë Reuke vul die lug van bo. Silwer
Somerglans
O, mooiste maand Kom kelk oor aard’ jou fleur Tros welriekende balsem Oor laaste winterreste Bot gul nuwe verwagting om Eersug aan te wakker, en Rugsteun somerglans met vreugde! ©Driekie Grobler
Blinde staar
Die waaiende gras na die huil van wind uit ons wye plek wegkarwei en by die plaashek vir my engelduif gewag maar sy het nie teruggekom nie net ‘n blinde staar wat is ek sonder haar ?